Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Clare Wiese-Wentzel se top-produk vir ’n probleemvel

$
0
0

Dis geen geheim nie dat deeglike reiniging die grondslag is vir ’n gesonder, mooier vel – veral met daaglikse aanslae soos besoedeling op jou vel. Die SA sakevrou en leefstylblogger Clare Wiese-Wentzel het onlangs háár geheim vir ’n silwerskoon en aknee-vrye vel met ons gedeel: ’n gesigborsel!

Gesigborsels is tans een van die gewildste items in die skoonheidswêreld, en met rede: Dit help om jou vel diep te reinig deurdat dit ook binne die porieë skoonmaak. “’n Gesigborsel is vir my ’n móét-hê-skoonheidstoestel,” sê Clare. “Dit reinig jou vel soveel dieper en help dat jou vogroom baie meer doeltreffend intrek. As jy sukkel met aknee, soos ek, sal dié toestel jou beste vriendin word.”

Last two days on set before we break for a month #havegottenusedtothesetwo #mooimaaktv #mooimaak #makingtelevision #whenindoubtpout

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Steeds huiwerig om ’n gesigborsel te probeer? Hiér is alles wat jy daaroor moet weet.

Hoe werk ’n gesigborsel?

’n Gesigborsel het sagte hare wat liggies oor jou vel vibreer of draai sodra jy dit aanskakel. Dit werk sagkens om jou porieë oop te maak en vuiligheid te verwyder sonder om jou vel te trek.

Hoekom een gebruik?

Wanneer jy jou vel behoorlik reinig, is die kans minder dat puisies en aknee ontwikkel en jou porieë lyk ook kleiner. Navorsing deur Clarisonic, ’n skoonheidsmaatskappy wat spesialiseer in gesigborsels, wys die toestelle maak jou vel tot ses keer beter skoon as jou hande. Boonop kan die gereelde gebruik van ’n gesigborsel die voorkoms van plooie en fyn lyntjies verminder én velsorgprodukte word ook beter geabsorbeer deur ’n skoon vel.

Friday night routine by @kaia_dublin_ #Clarisonic #BlendxCleanse #FridayNightCap

A post shared by Clarisonic (@clarisonic) on

Hoe gebruik ek dit?

Spuit ’n bietjie gesigreiniger op die borsel, skakel die toestel aan en beweeg dit sowat ’n minuut lank oor jou hele gesig, behalwe die sensitiewe dele om jou oë.

ONTHOU Moet liefs nie ’n gesigborsel gebruik as jy ’n produk met vitamien A, soos retinol, gebruik nie, ook nie wanneer jy die dag ’n afskilferaar gebruik nie. Saam kan dit net té hard op jou vel wees.

Hoe gereeld?

Omdat ’n gesigborsel sagkens werk, kan jy dit tot twee keer per dag gebruik. Dis geskik vir enige velsoort of ouderdom.

Hoe versorg ek my borsel?

Spoel die borselkop voor en ná gebruik af en vervang die borselkop ná sowat drie maande.

Probeer een van dié gesigborsels:

1. Sorbet Sonic Facial Cleanser Brush (R899)

Kies uit drie borselkoppe – een vir ’n sensitiewe vel, een vir ’n normale vel, of een om jou vel af te skilfer. Dit het ook drie spoedstellings wat die haartjies stadiger of vinniger laat vibreer. By Clicks en Sorbet-salonne

2. Remington Reveal Facial Cleansing Brush (R1 399)

Dié borsel kom ook met drie verskillende koppe vir onderskeidelik ’n normale vel, ’n sensitiewe vel of om jou vel te masseer. Dit sluit ’n staander in wat ook as laaier dien. By uitsoektakke van Clicks

3. Olay Regenerist Micro-Sculpting Super Cleansing System (R335, batterye ingesluit)

Die borsel is spesiaal ontwerp vir ’n ouer vel. Die borselkop span fyn draaibewegings pleks van vibrasie in om jou vel te reinig.

4. Clarisonic Mia 1 Facial Cleansing Brush (R2 700)

’n Verstelbare klokkie dui aan wanneer jy jou borsel na ’n volgende deel van jou gesig moet beweeg. Skakel 0861 001 085

5. Inglot Face Cleansing Brush (R699)

Masseer die borsel in sirkelbewegings oor jou vel om ook bloedsirkulasie aan te wakker. By Inglot-winkels en uitsoektakke van Edgars

Bring the spa home with #Reveal #Remington #facialbrush #spa #beauty #beautyaddict

A post shared by Remington Official (@remington.official) on

Lees nou

Ons toets: ’n Middag by ’n mansalon

2017 se beste haar-transformasies sover

The post Clare Wiese-Wentzel se top-produk vir ’n probleemvel appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!