Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Nuwe trend: ‘Cream Soda’-hare!

$
0
0

Met die draai van die seisoen is daar nou ’n nuwe gonswoord onder haarstileerders in Hollywood: “Cream Soda”-hare! En, nee, dis nie groen hare nie … Dié nuwe haarkleur-trend verwys na die liggoue kleur van die oorspronklike vanieljegeur Cream Soda-koeldrank, berig die Amerikaanse webblad Refinery29. Dis so gedoop deur die bekende Los Angeles-haarstileerder Sunnie Brook.

Fall #haircut + color inspo Lovin’ this cashmere texture + curtain fringe… and golden cream soda color x

A post shared by Sunnie Brook (@sunniebrook) on

Die afgelope paar maande het Sunnie al ’n hele paar van haar bekende kliënte, soos die aktrise Elisabeth Moss en model Hailey Baldwin, se hare dié warm blonde skakering gekleur. “Danksy ondertone van beige, bruin en goud is dit die perfekte tussenin-kleur en kan dit op blonde óf donker hare gebruik word,” het Sunnie aan Refinery29 gesê. Daarby help die kombinasie van goue skakerings om die illusie van ’n meer stralende, gesonde gelaat te skep omdat die meeste van ons se vel natuurlike geel ondertone het.

The Beyond hilarious @rosiehw today for @paige @hungvanngo @brycescarlett

A post shared by Bryce Scarlett (@brycescarlett) on

As platinumblond, vanjaar se gewildste haarkleur, net té waaghalsig voel, is dié beige haarkleur met subtiele wit en goue skakerings ’n goeie opsie vir die warmer maande.

En vir dié met donker hare is dit ’n slim manier om met ’n ligter haarkleur te eksperimenteer.

Veral noudat ligter hare weer ’n oomblik in die kollig geniet, dink ons dié mooi haarkleur gaan beslis trendy wees vir die komende somermaande. Wat dink jy?

details #gigiforvogueeyewear @erinparsonsmakeup @laurapolko @mimicuttrell @nailsbymarysoul

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Party in the back@jonreymanhair didn’t play it safe with this pony, and for that weit

A post shared by Mane Addicts (@maneaddicts) on

Lees nou

Kim Kardashian se nuwe haarkleur!

Kyk! Dié haarkleur verander saam met die weer

The post Nuwe trend: ‘Cream Soda’-hare! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!