Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Salma Hayek se raad vir ’n mooi vel? Rooswater!

$
0
0

Wie hou nie van die soet geur van rose nie? En dié mooie blom hou ook voordele vir jou vel in!

Die 51-jarige aktrise Salma Hayek het onlangs aan die Amerikaanse nuusblad The New York Times vertel dat rooswater een van die belangrikste bestanddele in haar daaglikse velsorgroetine is.

Thank you Mexico! Gracias México! #howtobealatinlover #mexico

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Salma vertel dat sy soggens, in plaas daarvan om haar gesig te reinig, sommer net rooswater oor haar hele gesig spuit voordat sy haar vogroom aanwend. “Dis strelend en laat my vel onmiddellik wakker en vars voel,” het sy in die onderhoud gesê. “Saans haal ek my grimering af met klapperolie, dan gebruik ek ’n warm lappie gedoop in rooswater om enige vuiligheid wat oorbly te verwyder.”

Ons kan verstaan waarom Salma so lief is vir rooswater. Dié geurige water word verkry deur roosblare te distilleer en hou verskeie voordele vir jou vel in. Behalwe dat dit heerlik ruik bevat dit kragtige antioksidante wat inflammasie beveg. Dit help ook om jou vel te bevog en enige droogheid en sensitiwiteit te kalmeer.

Het jy geweet?

Jy kan sommer maklik jou eie rooswater-gesigsproei tuis maak. Die plaaslike aktrise Simoné Nortmann, bekend vir haar rolle in 7de Laan en die rolprent Vir die Voëls, het vroeër vanjaar aan SARIE vertel hoe sy haar eie gesigsproei met rooswater en hamamelis (witch hazel) maak: “Ek koop graag die hamamelis-en-rooswatermengsel by Dis-Chem en gooi dit dan tuis in ’n sproeibotteltjie. Ek spuit dit aan my gesig nadat ek my vel gereinig het en gebruik dit gereeld deur die dag om my vel te verfris. Dit help vir ’n veluitslag en kalmeer my vel.”

Lente is die perfekte tyd om ’n produk wat rooswater of roosbottel-olie (rose hip) bevat, deel van jou velsorgroetine te maak.

Hier is van ons gunsteling-produkte met roos:

1. Garnier Cleansing Wipes Normal to Dry Skin (R42)

Die reinigingslappies is geweek in ’n vloeistof wat onder meer roos-ekstrak bevat om te keer dat jou vel droog en styf voel ná reiniging.

2. IQ DermaQuench Activ-Cleanse Rose Blossom Toner (R92)

Wend ’n bietjie van die verfrisser met ’n lappie of watte oor jou hele gesig aan ná reiniging.

3. Dr. Hauschka Rose Day Cream (R584 vir 30 ml)

Probeer die vogroom met bestanddele soos rooswater, roosolie en roosbloeisel-ekstrak. By Woolworths en gesondheidswinkels

4. Clarins Eye Contour Gel (R475)

Gekonsentreerde rooswater streel en verhelder die delikate vel rondom jou oë.

5. Mario Badescu Skin Care Facial Spray with Aloe, Herbs and Rosewater (R250)

Die gesigsproei verfris jou vel deur die dag en help ook om jou grimering vars te hou. By www.mariobadescu.co.za

Wenk: Pasop vir produkte wat slegs ’n roosgeur (fragrance) bevat en nie roos-ekstrak, -water of roosbottel-olie nie. Dié geur-bestanddeel is geneig om ’n sensitiewe vel te irriteer.

Bronne: www.nytimes.com, www.huffingtonpost.co.za

Lees nou

Pippa Middleton sny haar lokke af

Drink dié drankies vir die mooiste vel

The post Salma Hayek se raad vir ’n mooi vel? Rooswater! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!