Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all 357 articles
Browse latest View live

Geel blos op jou wange!

$
0
0

Vergeet van rosige of pienk wange – die nuutste kleur blosser is geel! Deesdae sien ons al hoe meer hoe skoonheidsliefhebbers en -bloggers op Instagram met treffende heldergeel wange spog. Geel grimering is min van ons se eerste keuse, maar dit lyk baie mooier as wat ’n mens sou dink!

Geel grimeerskakerings is prettig en pas byna alle gelaatskleure, sê Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar by die skoonheidshuis M.A.C. “Almal se vel het ’n natuurlike geel ondertoon, daarom sal ’n warmer geel jou gelaat komplementeer en verhelder.”

Om die voorkoms te kry skakeer grimeerkunstenaars dikwels ’n geel oogskadu verder uit na die slape en wange. “Ons sien die tegniek al hoe meer in die grimeerwêreld,” sê Raine.

 

’n Heldergeel skakering op die wange is dalk nie vir almal nie. Gelukkig is daar ook subtieler maniere waarop jy met dié vrolike kleur op jou gesig kan rondspeel.

Oogskadu

Sonsondergang-kleure op jou oë is sedert die begin van die jaar ’n groot gier. Kies ’n heldergeel of oranje en skakeer dit sommer met die vinger oor jou boonste ooglid totdat dit uitgewas lyk. Wees egter versigtig vir geel met lemmetjiegroen ondertone, waarsku Raine.

Oogomlyner

Jy kan geel oogskadu ook onder jou oë aanwend vir ’n onderstebo-grimeervoorkoms. Wend dan net ’n basislaag vir jou oë op jou boonste ooglid aan en rond dit af met ’n laag of twee maskara.

Verligter

Jy kan selfs ’n geel oogskaduskakering as verligter gebruik. Wend dit met ’n groot ronde kwas baie deursigtig op jou wangbene aan om jou gesig op te helder. Of tik ’n bietjie daarvan in die binnehoeke van jou oë aan om dit dadelik groter te laat lyk.

 

Eye makeup created with Kat Von D Serpentina palette The jewel tones are beautiful! Swatches on my story

A post shared by Tova Tomiko (@tomikosbeauty) on

Probeer dié geel oogskadu’s:

M.A.C Eye Shadow in Nice Energy (R220)

NYX Hot Singles Eye Shadow in Stfu (R100)

By Clicks

Urban Decay Liquid Moondust Eyeshadow in Recharged (R320)

By Urban Decay in Sandton City en Foschini East Gate, Johannesburg

Lees nou

Gesonde hare belangriker as seks, verklap peiling

“Unicorn”-skoene wat van kleur verander!

The post Geel blos op jou wange! appeared first on SARIE.


Skoonheidswêreld se nuwe móét-hê-lipproduk

$
0
0

’n Nuwe lipproduk het die skoonheidswêreld oorrompel: Dit lyk soos ’n lipglans en word droog soos ’n mat-lipstiffie maar hou ure op jou lippe.

Deesdae skep byna elke skoonheidshuis hul eie weergawe van die sogenaamde vloeibare liptint. En ons kan verstaan hoekom … “Jy kan maar sê dit is ’n super-lipproduk wat die voordele van onderskeidelik ’n lipglans, ’n mat- én ’n room-lipstiffie in een bied,” sê Meagan Africa, nasionale opleidingsbestuurder by die grimeerhuis Smashbox.

Fashion LA Awards @dailyfrontrow #flas2016

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

As jy nog nie oortuig is van dié unieke lipkleur se voordele nie, is hiér vyf redes waarom jy ook ’n vloeibare liptint in jou grimeersakkie behoort te hê.

#1 Die formule is vloeibaar en gly maklik aan …

… maar blink nie soos ’n lipglans nie en voel nie swaar op jou lippe nie.

Gray all day. @iluvsarahii playing with #AlwaysOn Matte Liquid Lipstick in Chill Zone. #regram

A post shared by Smashbox Cosmetics (@smashboxcosmetics) on

#2 Dit het ’n mat-afwerking

Die meeste liptinte het ’n mat-afwerking, maar die pigment van ’n liptint is sterker as dié van ’n mat-lipstiffie en sorg vir meer kleur.

#3 Dit smeer nie sommer nie

Danksy die unieke formule en intense kleur hou ’n liptint lank op jou lippe. Sommige produkte kan trouens net met ’n grimeerverwyderaar verwyder word.

#4 Dis bevogtigend

Waar mat-lipstiffies soms ook jou lippe droog kan laat voel, is dit nie die geval met ’n liptint nie omdat die formule bevogtigend is.

#5 Dis ekonomies

’n Liptint sal jou lank hou omdat net een veeg nodig is vir die mooiste kleur op jou lippe. Jy kan dan nog aanwend om die kleur op te bou en meer intens te maak.

Darkest, brightest and a few in between—our favorite shades of #AlwaysOn Matte Liquid Lipstick right now. Which are for you?

A post shared by Smashbox Cosmetics (@smashboxcosmetics) on

Hiér is ’n paar top- vloeibare liptinte:

Smashbox Always On Liquid Lipstick in Shockaholic (R310)

Revlon Ultra HD Matte Lipcolor in Passion (R179)

NYX Soft Matte Lip Cream in Stockholm (R120). By Clicks

Catrice Velvet Matt Lip Cream in REDvolution (R70). By Dis-Chem en www.takealot.com

Maybelline Color Sensational Vivid Matte Liquid in Nude Flush (R92)

Dior Addict Lip Tattoo Long-Wear Colored Tint (R535)

Lees nou

Wát? Geel blos op jou wange?

Gesonde hare belangriker as seks, verklap peiling

The post Skoonheidswêreld se nuwe móét-hê-lipproduk appeared first on SARIE.

Só vind jy jou perfekte onderlaagskakering

$
0
0

Onderlaag is een van jou belangrikste grimeerkeuses. Kry jy jou skakering reg, lyk jou vel natuurlik en foutloos. Maar dit kan moeilik wees om die regte skakering vir jou velkleur te vind – veral as jy in ’n winkel vol keuses staan met min tyd om elkeen uit te toets.

As jy ’n kleurverskil tussen jou gesig en jou nek sien, moet jy jou kleurkeuse heroorweeg. Dit kan jare by jou voorkoms voeg. Jou vel behoort natuurlik te lyk en moenie ’n grys ondertoon of skynsel hê nie. ’n Onderlaag wat ligter as jou natuurlike velkleur is, laat jou gesig vaal en leweloos lyk, terwyl een wat te donker is jou gesig versluier en “swaar” laat lyk.

Hoe kies jy die regte skakering? Volg dié wenke:

#1 Wanneer jy ’n nuwe onderlaag toets, moenie dit te veel in jou vel in skakeer nie.

Tik dit liggies van die bokant van jou wangbeen afwaarts tot net onder jou kakebeen aan. Kies die skakering wat lyk asof dit in jou vel in “verdwyn”.

#2 Toets altyd onderlaag in natuurlike lig.

Vra vir ’n paar toetsbuisies wat jy huis toe kan neem om te sien hoe dit in natuurlike daglig op jou vel lyk.

#3 Moenie onderlaag op jou hande toets nie.

Jou hande is gewoonlik meer sonbruin as jou gesig.

#4 Weet wat jou vel se natuurlike ondertoon is.

Dit kan warm, koel of neutraal wees. As jy weet wat jóú velondertoon is, kan dit help om ’n onderlaagskakering te kies wat die natuurlikste op jou gelaat gaan lyk. Vind só uit wat jou vel se natuurlike ondertoon is.

#5 As jy steeds twyfel, kies eerder ’n onderlaagskakering wat ’n tikkie donkerder as jou velkleur is as een wat ligter is.

Jy kan altyd ’n effens donkerder skakering so skakeer dat dit lyk asof jy sonbruin is. ’n Ligter skakering sal jou gesig egter vaal en uitgewas laat lyk.

@InTheFrow is looking luminous in new Teint Idole Cushion Foundation. #Regram #TIUCushion #FallBeauty #MOTD

A post shared by Lancôme Official (@lancomeofficial) on

Het jy geweet?

Deesdae skep al hoe meer skoonheidshuise produkte soos onderlaagdruppels waarmee jy self die skakering van jou vloeibare onderlaag kan verander om perfek by jou gelaatskleur te pas. Probeer The Body Shop se Shade Adjusting Drops in Lightening óf Darkening (R300 elk).

Hiér is van ons gunsteling-onderlae:

L’Oréal Paris Infallible Stay Fresh Foundation 24H (R200)

Bourjois City Radiance Skin Protecting Foundation SPF 30 (R252)

L.O.V EVENelixir Serum Foundation (R285)

Inglot Freedom System Cream to Powder Foundation (R299)

Lancôme Teinte Idole Ultra Cushion (R499)

Sogenaamde “cushion compacts” raak nou al hoe gewilder in die skoonheidswêreld. Dié produk kom met ’n sponsie wat deurdrenk word met onderlaag as jy daarop druk, en sorg vir voller bedekking hoewel dit steeds veerlig voel op jou vel.

Bronne: www.fitnessmagazine.com, www.paulaschoice.com

Lees nou

3 SA bekendes deel hul gunsteling-onderlaag

Wat?! Geel blos op jou wange?

The post Só vind jy jou perfekte onderlaagskakering appeared first on SARIE.

Dié seisoen se 3 grootste haarkleur-modes

$
0
0

Ná die ysige naweek is die winter beslis hier! Maar moenie dat die koue, grys weer jou onderkry nie. Wat van ’n winter-oormaaksessie met ’n splinternuwe haarkleur? Dié drie haarkleur-trends is tans groot.

1. Mat bruin

Die afgelope paar jaar was haarkleur wat ryk is aan skakering en dimensie ’n groot haarkleur-tendens. Deesdae verkies al hoe meer vroue om hul hare eerder ’n enkele donkerbruin skakering te kleur met min of geen ligstrepe in nie, sê Boyd Meilhon, meesterstilis en instrukteur by die haarsalongroep Carlton Hair International. “Dit lyk dan amper asof die hare ’n mat-afwerking het en is supersjiek.” Die tendens is veral by vanjaar se Met-gala gesien met bekendes soos Rihanna en Kim Kardashian wat met so ’n eenvoudige bruin haarkleur gespog het.

Rihanna

Kim Kardashian

 

2. Romerige platinumblond

Hoewel platinumblond ook weer ’n oomblik in die kollig geniet, is dit nie ’n haarkleur wat noodwendig by almal pas nie. ’n Romerige platinumblonde haarkleur met effense wit en goue skakerings is daarom ’n goeie alternatief vir blondines dié winter. Dis nuut en jeugdig en pas boonop by die meeste velkleure.

Katy Perry

Karlie Kloss

 

3. Blorange

Blorange is ’n mengsel van blond en oranje. “Die skakering is nou baie gewild omdat dit ’n kleur is wat nog nooit vantevore gesien is nie,” sê Boyd. Die skakering kombineer hoofsaaklik blond en oranje vir ’n vars en moderne haarkleur en kan skynsels van roospienk, koper en goud hê. Dis boonop vleiend vir alle velkeure omdat die kleur ’n warm ondertoon het.

Emma Roberts

As blorange vir jou net te helder is, probeer sagte en subtiele skynsels van rooi in jou haarkleur.

Selena Gomez

Lees nou

Só vind jy die regte onderlaagskakering

Skoonheidswêreld se nuwe móét-hê-lipproduk

The post Dié seisoen se 3 grootste haarkleur-modes appeared first on SARIE.

Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel?

$
0
0

Ons besef al hoe meer ons leefstyl beïnvloed hoe mooi ons uiterlik lyk en hoe goed ons voel. Dit gaan nie meer net oor wat jy van buite doen vir ’n mooi, gesonde vel nie, maar ook hoe jy dit van binne voed. Om dié rede is die wêreld tans gaande oor ’n nuwe “wonder”-drankie: matcha-groentee! Nie net gee dit net soveel skop soos ’n koppie koffie nie, dit kan ook help vir ’n probleemvel.

Matcha is groenteeblare wat tot ’n baie fyn poeier gemaal word. Die heldergroen poeier word dan met warm water gemeng en dikwels in die plek van koffie gedrink omdat dit ook kafeïen bevat.

COCORO HIGH GATE : We have opened eat-in space at High Gate branch. You can enjoy Japanese Tea Ceremony casually at Cocoro High Gate Cafe. We served Matcha Green tea using a bamboo whisk and a tea bowl. Bitter taste of Match Tea and light finish Japanese sweet combination will take you to the new experience of tea time. こころハイゲイト: ハイゲイト店ではイートインスペースをオープンしました。ここでは、茶筅を利用したカジュアルな抹茶ティーセレモニーを体験できます。苦味のある抹茶と後味のすっきりした日本のお菓子との相性をお楽しみください。 #cocorolondon#Japanesecafelondon #Sushitakeawaylondon#Matchalatte #Matcha#Matchteaceremony

A post shared by Cocoro Restaurant (@cocorolondon) on

Hoewel dié vorm van groentee al eeue lank in tradisionele Japanse teeseremonies gebruik word, het dit eers die afgelope drie jaar wêreldwye aanhang begin kry. Die aktrise Gwyneth Paltrow was van die eerste bekendes wat die voordele van die trendy groenteedrankie verkondig het. Deesdae is matcha-groentee ’n voorste verkoper in gesondheids- en teewinkels en word dit in alles van smoothies tot melkskommels, soetgebak en quiches gebruik.

new dreamy discovery to warm up a wintry day, matcha latte @chalaitnyc #goopapproved

A post shared by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Maar waaroor die bohaai?

Omdat matcha behels dat jy ’n verpoeierde vorm van groenteeblare inneem, bevat dit byna drie keer soveel aktiewe bestanddele as gewone groentee (waar gedroogde groenteeblare vir ’n tydjie in warm water getrek word), berig die Britse koerant The Telegraph aanlyn.

Dit bevat kragtige antioksidante wat die vermoë het om jou velselle teen toekomstige skade deur omgewingsfaktore soos die son, besoedeling, stres en ’n ongesonde dieet te beskerm, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl.

Dit bevat ook ’n ster-bestanddeel, bekend as epigallokatechien-gallaat of EGCG, wat onder meer help om die verouderingsproses van jou velselle te vertraag sodat jou gelaat ferm en plomp lyk, sê sy. Studies het selfs al getoon dat hierdie bestanddeel aknee kan verbeter deurdat dit hormoonvlakke stabiliseer en só help dat jou vel nie oortollige sebum vervaardig nie.

Probeer dit self:

As jy sélf die superdrankie wil beproef, maak seker jy gebruik ’n organiese matcha-poeier van hoë gehalte wat van Japan ingevoer is. Hoewel dit jou ’n paar rand uit die sak gaan jaag, word met ’n goeie matcha-poeier verseker dat die minimum voedingstowwe verlore gaan tydens die vervaardigingsproses. Die top-produkte proe ook minder bitter as dié van ’n laer gehalte.

Kry jou matcha-groentee hiér:

In Kaapstad:

• Clarkes Bar and Dining Room

• Dear Me

• Plant Café

In Johannesburg:

• Fruits & Roots

• The Grind Coffee Company

• The Juiced Co Health Shop

In Pretoria:

• Natural Life

Besoek ook Faithful-To-Nature.co.za of www.justmatcha.co.za aanlyn.

Bykomende bronne: www.eatout.co.za, www.telegraph.co.uk, www.banishacnescars.com, www.healthambition.com

Lees nou

Dié seisoen se 3 grootste haarkleure

Dís wat celebs eet en drink om mooi te bly

The post Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel? appeared first on SARIE.

Clare Wiese-Wentzel deel haar top- estetiese behandelings

$
0
0

Die estetiese bedryf in Suid-Afrika floreer, want vroue is lankal nie meer bang om nuwe, innoverende behandelings te beproef nie. Met soveel keuses, waar begin jy? Ons het met Clare Wiese-Wentzel, leefstylblogger en dogter van SA se rykste man, Christo Wiese, oor haar gunsteling-behandelings gesels.

Die 34-jarige Clare bied vanaf Oktober vanjaar haar eie mooimaakreeks genaamd Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel op kykNET aan. In die reeks neem sy en ’n span deskundiges deelnemers op ’n volledige mooimaak-reis wat die jongste nie-chirurgiese estetiese behandelings insluit. Sy wil SA vroue inlig oor dié tipe behandelings en terapieë.

“Baie vroue dink buiten chirurgie is die enigste opsies vir jonger lyk botoks en vullers: twee behandelings wat volgens my te maklik aanbeveel en gebruik word. Daar is soveel ander fantastiese behandelings wat jou vel dieper behandel om natuurlike vernuwingsprosesse te bevorder en die vervaardiging van nuwe kollageen ’n hupstoot te gee.”

Clare glo ook in voorsorg. “Dis meer doeltreffend om jaarliks te gaan vir ’n behandeling wat jou vel se gesondheid onderhou as om tien jaar te wag en dan angsbevange iets drasties te doen om die tekens van veroudering te probeer terugdraai.”

Hiér deel Clare van haar top-behandelings:

Fraxel-laserbehandeling

Wat is dit?

Fraxel behels dat fyn gekontroleerde laserstrale die boonste laag van jou vel penetreer. Die hitte-energie wat gegenereer word, stimuleer dan jou vel se natuurlike herstelprosesse om nuwe gesonde kollageen te vervaardig. Dit skilfer ook die boonste laag van jou vel af vir ’n helder gelaat.

Só sê Clare:

Ek’s mal oor ’n fraksionele laserbehandeling omdat dit ’n magdom velkwessies (soos fyn lyntjies, plooie, vergrote porieë, ’n onegalige veltekstuur en pigmentasie) behandel. Hoewel die behandeling self effens ongemaklik en pynlik is en my vel ’n kort tydjie daarna rooi, sensitief en grof voel (amper soos skuurpapier), is die resultate fantasties. Op die oomblik gaan ek net vir ’n fraksionele laserbehandeling sowat ’n maand of twee vóór ’n belangrike geleentheid, soos met my verjaardag of voor my troudag verlede jaar.

Prys: Sowat R4 500 per behandeling. Besoek www.skinrenewal.co.za.

Naaldlose mesoterapie

Wat is dit?

Dié behandeling behels die gebruik van ’n toestel om spesifieke aktiewe bestanddele deur middel van drukking in jou vel in te “skiet”, op plekke waar dit nodig is. Met elke skiet-aksie versprei die produk deur jou vel. Tekens van veroudering, dehidrasie, pigmentasie of selluliet kan so behandel word.

Só sê Clare:

Ek hou daarvan om te gaan vir naaldlose mesoterapie met hialuronsuur. Dit laat my vel onmiddellik bevog voel en gesond, plomp en helder lyk. Ek ervaar geen pyn nie en daar is ook geen hersteltyd nodig nie. Dis perfek vir wanneer jy daardie “J-Lo glow” wil hê.

Prys: Sowat R715 per sessie. Besoek www.skinrenewal.co.za.

Draadjies en tandbleiking

Só sê Clare:

Ek is nogal fanaties oor tande! Hoewel dit nie die mees moderne behandeling vir tande is nie, het ek al twee keer draadjies gehad. Dit het vir my ’n reuse-verskil gemaak om met selfvertroue te kan glimlag, veral omdat ek baie skewe tande gehad het toe ek jonger was. Ek gaan ook gereeld vir ’n vinnige professionele tandbleikbehandeling. Dit laat jou sommer vyf jaar jonger lyk.

Besoek www.jjteeth.co.za.

Lees nou

Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel?

Die seisoen se 3 grootste haarkleur-modes

The post Clare Wiese-Wentzel deel haar top- estetiese behandelings appeared first on SARIE.

Aktrise Elle Fanning se nuwe rol + kyk haar mooiste grimeervoorkoms

$
0
0

Dis ’n groot maand vir die aktrise Elle Fanning! Buiten dat sy binnekort op haar heel eerste Amerikaanse Vogue-voorblad pronk, is sy hierdie week aangewys as die nuwe gesig vir die skoonheidshuis L’Oréal Paris.

Sy het die mooiste foto op Instagram gedeel om dié nuus aan te kondig.

Die 19-jarige Maleficent-aktrise is van die jongste gesigte wat by die skoonheidshuis se sterbelaaide groep ambassadeurs aansluit. Ander gesigte sluit in Blake Lively, Naomi Watts, Julianne Moore en Karlie Kloss, om net ’n paar te noem.

“Jy’s nog besig om agter te kom wat jou styl is en watter tipe vrou jy wil wees,” het sy oor haar ouderdom en nuwe rol aan die webtuiste Women’s Wear Daily gesê. “Dis ’n belangrike deel van grootword. Om deel te wees van dié proses van jong meisies is waarna ek die meeste uitsien.”

Sy is tans by die glansryke Cannes-filmfees in Frankryk waar sy in twee nuwe flieks te sien is. Sy het op die eerste dag van die fees met die mooiste helderpienk lippe en treffende katoog-voorkoms op die rooi tapyt verskyn.

 

Kry self die voorkoms deur ’n perske-pienk blos op jou wange én liggies op jou ooglede te skakeer. Vir die katoog-“vlerkie”, trek ’n lyntjie op jou boonste wimperlyn tot by die buitehoek van jou oog. Kyk vir jouself in die spieël en maak ’n kolletjie waar jy wil hê die “vlerkie” moet eindig. Trek dan die oogomlyner vanaf die buitehoek van jou oog tot by die kolletjie.

Elle op haar eerste Amerikaanse Vogue-voorblad.

Once Upon A Time in the land of New Orleans, one lucky girl, balancing a crown of ROSES atop her head, had her dream come true by Anna Wintour. Thank you endlessly, Anna, for choosing me to be your JUNE COVER GIRL!! I am overjoyed to share my very first American @voguemagazine cover with you all! Chills are running up my spine as I write this. I’m truly grateful to so many! We traveled to the southern gothic sets where I filmed, “The Beguiled” which provided the perfect setting for @therealgracecoddington and #AnnieLeibovitz’s creative vision! I will forever admire Grace’s enchanting styling, soul, and “grace” !!!! Annie, to be in front of your lens is a humbling and visceral experience! Thank you @jilldemling for your love and support always! And to @juliendys for giving me magical hair and @lauren.parsons for painting my face! Read the story by the insightful Nathan Heller and see the haunting full spread in the link in my bio! I’m “blooming” from ear to ear! #VogueRose

A post shared by Elle Fanning (@ellefanning) on

Kyk ook na dié oulike video van Elle wat ter viering van haar eerste Vogue-voorblad geskiet is.

 

Bronne: www.elle.com, www.wwd.com

Lees nou

Clare Wiese-Wentzel deel haar top-skoonheidsbehandelings

Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel?

The post Aktrise Elle Fanning se nuwe rol + kyk haar mooiste grimeervoorkoms appeared first on SARIE.

Gebruik dié produkte vir ’n ongemaklike wintervel

$
0
0

’n Gesonde vel tydens die koue wintermaande hoef nie ’n fortuin te kos nie. En weens die droër lug, verwarmers en kaggels voel jou vel in dié tyd droër en stywer, met fyn lyntjies en plooie skielik baie meer sigbaar. Hiér is vyf slim produkoplossings om jou droë wintervel te help, en nie een kos meer as R200 nie!

Het jy geweet?

Voel jou vel tydens die wintermaande meer olierig as droog? Te min vog in die lug en die gebruik van sterk reinigers kan jou vel van sy natuurlike olie stroop. Jou vel kompenseer dan deur al hoe meer olie te vervaardig. Dít kan lei tot ’n oorproduksie van olie en porieë wat makliker verstop raak. Ekstra bevogtiging kan dus ook ’n olierige vel red.

Red jou droë vel met dié produkte:

’n Reinigingsolie versterk jou vel se lipiedlaag – die laag wat vog in jou vel in seël. Dit werk sagkens op jou vel sonder om dit van sy natuurlike olie te stroop. Dit help om die sebum in verstopte porieë op te los en verwyder grimering doeltreffend – veral onderlaag – omdat dit gewoonlik ook ’n oliebasis het.

Reinigingsolie

Probeer Garnier SkinActive Micellar Oil-Infused Cleansing Water (R85)

Gesigmaskers in die vorm van ’n gesiglappie (sheet mask) wat jy tuis kan aanwend, is nou supergewild. Dit bevogtig jou vel intens en sorg vir ’n gesonde gelaat wat stralend en gesond lyk. Wend dit ná reiniging, vir sowat 20 minute aan. Bederf jou vel twee tot drie keer ’n week met so ’n gesigmasker.

Gesiglappie-masker

Probeer Sorbet Cleansing Face Mask Spot & Oil Control (R55). By Clicks

’n Essens het ’n waterige tekstuur en is hoofsaaklik ontwikkel om jou vel te hidreer. Omdat die formule superlig is, absorbeer dit dieper in jou vel as bv. ’n vogroom. Dis perfek om jou vel ’n ekstra vog-inspuiting te gee – iets wat ons almal broodnodig het in die moderne lewe, want besoedeling, lugversorging, hitte en droë lug is almal sondaars wat jou vel van vog stroop.

Essens

Probeer The Body Shop Drops of Light Pure Translucency Essence Lotion (R180)

Serum-onderlae bied nie net sysagte bedekking nie, maar bevat ook ’n mengsel van aktiewe bestanddele wat jou vel bevog en plomp en stralend laat lyk, sonder dat dit swaar op jou vel voel. As jy ’n olierige vel het, wees op die uitkyk vir ’n olievrye formule wat steeds hidrerend is.

Serum-onderlaag

Probeer L’Oréal Paris Nutri Lift Gold Anti-Ageing Serum Foundation (R120)

’n Koekieseep is dikwels nie bevogtigend of sag genoeg op jou vel nie en kan lei tot ’n sensitiewe, geïrriteerde vel. Gelukkig is daar verskeie lyfwasse om van te kies wat spesiaal geformuleer is om ook jou vel te bevog.

Lyfwas

Probeer Dove Deeply Nourishing Moisturising Body Wash (R43)

Lees nou

Aktrise Elle Fanning se nuwe rol + kyk haar mooi grimering

Clare Wiese-Wentzel deel haar top-skoonheidsbehandelings

The post Gebruik dié produkte vir ’n ongemaklike wintervel appeared first on SARIE.


Dié haarstyl oorheers die Cannes-rooitapyt

$
0
0

As jy ooit gedink het die supergewilde bob en lob (lang bob) haarstyle se tyd is byna verby, dink weer! Nadat ’n hele paar bekendes soos Bella Hadid, Selena Gomez en Vanessa Hudgens die afgelope maand hul hare net bo hul skouers afgesny het is dit duidelik dat dié mode nog lank hier gaan wees. Dis tans ook dié haarstyl op die Cannes-rolprentfees se rooi tapyt.

Ons verstaan hoekom die lob haarsnit jaar na jaar steeds gewild bly. Dis een haarstyl wat by álmal pas. En ons bedoel letterlik álmal.

Oh she short thank you @nikkilee901 for the chop! @ninezeroone

A post shared by Vanessa Hudgens (@vanessahudgens) on

Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm én ouderdom en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir ’n strandvoorkoms. ’n Lob is ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl verkies wat maklik stileer, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Probeer dan ’n lang bob wat in lae gesny is, met of sonder ’n kuif. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.

Hiér is maar net ’n paar van die bekendes wat sover met ’n lob op vanjaar se Cannes-rooitapyt gepronk het. Kyk net hoe veelsydig is die styl.

Sag en golwend

Golwende haarstyle laat vroue bo 40 dadelik gemaklik en meer jeugdig lyk. Laat jou haarstileerder jou hare in langer golwende lagies tot net bo jou skouers sny.

Marion Cotillard

 

Bella Hadid

 

Robin Wright

 

Glad gestryk

As jy natuurlik baie reguit hare het, is ’n lob met effens stompgesnyde punte in die kol. Steek jou hare agter jou ore in om die styl effens asimmetries te laat lyk en jou voorkoms ’n moderne kinkel te gee.

Uma Thurman

 

Hailey Baldwin

 

Kendall Jenner

Lees nou

Kan dié warm drankie help vir ’n probleemvel?

Só vind jy jou perfekte onderlaagkleur

The post Dié haarstyl oorheers die Cannes-rooitapyt appeared first on SARIE.

Vroue dink mans met baarde is meer aantreklik, onthul studie

$
0
0

Om vir vroue te vra of hul van ’n man met ’n lang, rowwe baard hou, of verkies dat hy netjies skoon geskeer is, gaan beslis gemengde reaksies ontlok. Maar volgens ’n onlangse studie wil dit lyk asof die skoner geslag inderdaad eerder ’n man met ‘n baard verkies.

Navorsers van die Universiteit van Queensland in Brisbane, Australië het bevind dat vroue oor die algemeen mans met baarde meer aantreklik vind, berig die New York Times aanlyn. Vir die studie, waaraan meer as 8 000 vroue deelgeneem het, is deelnemers foto’s van mans met verskillende lengte baarde gewys – van skoon geskeer, ’n ligte en swaar stoppel tot ’n vol baard – waarna hulle verskeie vrae oor die mans se aantreklikheid moes beantwoord.

Dis bevind dat die deelnemers oor die algemeen gedink het dat die mans met swaar stoppelbaarde die sexyste is. Daarby het die vroue ook gedink dat mans met ’n vol baard die beste lewensmaats sou maak.

Stem jy saam met dié interessante bevindinge?

Die afgelope paar jaar verkies al hoe meer mans om ’n goedversorgde vol baard te dra. Soveel so dat baie mans wat sukkel om ’n baard te groei al hoe meer vir baardhaar-oorplantings gaan, berig die New York Times. Volgens die International Society of Hair Restoration Surgery was die hoeveelheid mans wêreldwyd wat in 2012 ’n baardhaar-oorplanting ondergaan het sowat 4 000. En net twee jaar later, in 2014, het dié hoeveelheid na meer as 13 900 mans gespring.

Sorg vir jou baard

“’n Baard se gewildheid het nog altyd gekom en gegaan, maar deesdae word dit as ’n klassieke voorkoms gesien, byna soos die bob-haarstyl vir vroue,” sê ons eie Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. Of die man in jou lewe van ’n lang, vol baard hou of ’n kort, netjiese een, die versorging daarvan is belangrik.

Hier is ’n paar wenke van Fanie wat jy met hom kan deel:

1.Groei dit reg

Jou baard moenie op jou kakebeenlyn eindig nie, want anders lyk dit asof jy ’n dubbelken het. Laat groei dit tot sowat vier sentimeter onder jou kakebeenlyn en gebruik skeerjel om die res van jou nekgedeelte skoon te skeer. Wend agterna ’n skeerbalsem (balm) aan om rooi knoppies te voorkom.

2.Was jou baard

Was jou baard soggens en saans met ’n baardseep en masseer daarna ’n baardbalsem of –room in. Dit voorkom ’n jeukerige vel. Kyk uit vir bestanddele soos amandel-, klapper- en teeboom-olie (dié olie is antibakteries).

3.Voed met ’n baardolie

Vryf dan ʼn baardolie van die wortels van jou baardhare opwaarts in. ’n Olie bevogtig jou baard en hou die hare sag. Kam laastens jou baard in plek met ’n baardborseltjie.

Ons is mal oor dié bekendes se baarde:

Armand Aucamp

Ivan Botha

Hou die lyf weer student vandag #story #stroomop #london #robertmckee

A post shared by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

Ryan Gosling

Jamie Dornan

Jake Gyllenhaal

Wat dink jy?

 

Bronne: www.nytimes.com, www.ehbonline.org

Lees nou

Dié haarstyl oorheers die Cannes-rooitapyt

Het jy eiers al só geëet?

The post Vroue dink mans met baarde is meer aantreklik, onthul studie appeared first on SARIE.

Elma Smit gesels oor haar hare-hupstoot

$
0
0

Op die rooi tapyt verskyn aktrises en sangeresse gereeld met ’n bos glansende hare. Maar dít is dikwels nie die lokke waarmee Moeder Natuur hulle geseën het nie. En dis niks om oor skaam te wees nie! Ons het met TV-aanbieder Elma Smit gesels oor haar ervaring met haarverlengings.

Vroue het nou meer as ooit tevore pret met hul hare, danksy ’n verskeidenheid produkte wat ontwikkel is om jou hare voller en langer te laat lyk waarmee jy kan eksperimenteer. Een van dié opsies is haarverlengings.

Elma word al byna gekenmerk aan haar lang, welige blonde hare. Sy is egter nog altyd eerlik daaroor dat dit te danke is aan die wonder van haarverlengings. “Ek het van nature nog altyd dun hare en, maak nie saak hoe mooi ek dit behandel nie, dit wil net nie langer as skouerlengte groei nie.”

Sy het reeds tien jaar gelede die eerste keer haarverlengings gekry op aandrang van die vervaardigers van Studio 1, ’n TV-program op die voormalige plaaslike musiekkanaal MK, wat sy destyds aangebied het. Sedertien dra sy aan en af haarverlengings, gewoonlik na gelang van die soort program wat sy aanbied. “Vir my is dit nie veel anders as om my hare te laat kleur nie.” En hoekom dit wegsteek? “Ons is mos nie skaam om te erken dat ons van rooi lipstiffie hou nie, hoekom is ons dan skaam vir die feit dat ons ’n hupstoot in die haarafdeling ook nodig het?”

Thank heavens for @strands_of_love__ #Sponsored #TapeExtensions done by @lizettehair

A post shared by E L M A S M I T (@elmakapelma) on

Wie sal daarvan hou?

Haarverlengings is ideaal as jy jou eie hare voller of langer wil laat lyk, het Candice Thurston, stigter en uitvoerende direkteur van die haarsalon Candi & Co verlede jaar in ’n onderhoud aan SARIE gesê. Dié salon spesialiseer in haarverlengings en pruike.

Candice stel verlengings wat aanplak (tape-ins) of aanknip (clip-ins) voor omdat dit jou eie hare die minste beskadig (verlengings wat aan jou hare gegom of met ’n mikroringetjie vasgeheg word, is ook beskikbaar). Aanplak-verlengings het ’n strokie wat bo-oor jou eie hare by die wortels geplak word en weer met alkohol verwyder word. Dit hou sowat twee tot drie weke. Aanknip-verlengings het ’n kammetjie wat in jou hare glip. Jy kan dit insit en uithaal soos jy wil. Dié tipe verlengings kan egter soms te swaar voel vir vroue met fyn hare, sê Candice.

Is dit die moeite werd?

Elma verduidelik dat haarverlengings dikwels ekstra moeite, onderhoud en stilering verg. “Die tekstuur van die haarverlengings wat ek laat insit verskil byvoorbeeld van dié van my natuurlike hare. Daarom moet ek gewoonlik ’n bietjie langer in die haarsalon sit elke keer wanneer ek verlengings laat insit of daaraan laat verstel. Tog is dit vreeslik lekker om skielik van dun, kort hare na dik, welige lang hare te gaan.”

Mannetjieswind Dress by @KingsleyHeath94 #Sponsored Credit for the mad photography skills @gavaza_s

A post shared by E L M A S M I T (@elmakapelma) on

Dié plaaslike bekendes is ook lief vir haarverlengings:

Angelique Gerber Potgieter

Mamma en pappa het lekker gekuier, maar mis ons seuntjie helemal te veel! @jacquespotgieter7

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Leandie du Randt Bosch

Karlien van Jaarsveld

Sing Vir Liefde! – my splinternuwe single is vanoggend uit! . https://itun.es/za/yusQhb

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Simoné Nortmann

In accordance with Autumn approaching… #tbt @pritti_migneonmarais @suna1suna1 @strands_of_love__ @hollywoodhairpta

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmnn) on

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na info@candiandco.co.za of besoek www.candiandco.co.za.

Lees nou

Studie onthul vroue hou meer van mans met baarde

Dié haarstyl oorheers die Cannes-rooitapyt

The post Elma Smit gesels oor haar hare-hupstoot appeared first on SARIE.

Dís die naelkleur wat konigin Elizabeth al byna 30 jaar dra!

$
0
0

Konigin Elizabeth II is al 91 jaar oud. Ná al die jare kan jy haar steeds deur ’n ring trek, wat voorkoms én optrede betref. Nou het ons een van haar gunsteling-skoonheidsgeheime ontdek.

Volgens die internasionale nuuswebwerf Insider dra die konigin al vir byna 30 jaar dieselfde kleur op haar naels: ’n deursigtige sagpienk skakering van essie genaamd Ballet Slippers. Volgens dié naellakreeks se webwerf het die koningin se haarstileerder in 1989 glo in ’n brief aan die essie-stigter, Essie Weingarten, vir ’n bottel van dié supergewilde skakering gevra, omdat dit die enigste kleur is wat die koningin wou dra op haar naels. En ’n paar dekades later is dit steeds haar enigste keuse.

Wishing a very Happy Birthday to The Princess Royal today #HappyBirthdayHRH Annie Leibovitz

A post shared by The Royal Family (@theroyalfamily) on

Ons dink dié neutrale sagpienk skakering pas die konigin perfek. Dis elegant en gesofistikeerd en kan na enige geleentheid gedra word. Die subtiele kleur komplementeer ook haar kenmerkende helderkleurige uitrustings goed.

 

 

essie Nail Polish in Ballet Slippers (R140)

Konigin Elizabeth is nie die enigste koninklike wat lief is vir ’n eenvoudige skakering op haar naels nie.

Haar skoon-kleindogter Kate Middleton het op haar troudag met prins William essie se naelkleur in Allure vir haar naels gekies. Volgens Marina Sandoval, Kate se manikuris die afgelope vyf jaar, verkies die hertogin ’n klassieke Franse manikuur met haar naels kort en vierkantig gevorm, berig die Britse koerant Daily Mail. Dié skakering komplementeer haar gelaatskleur perfek, het Marina aan Daily Mail gesê.

 

essie Nail Polish in Allure (R140)

Bronne: www.thisisinsider.com, www.allure.com, www.dailymail.co.uk

Lees nou

Naak op die rooi tapyt!

Elma Smit gesels oor haar welige hare

The post Dís die naelkleur wat konigin Elizabeth al byna 30 jaar dra! appeared first on SARIE.

5 slim wimper-wenke

$
0
0

Maskara is seker die een produk wat elke vrou beslis in haar grimeersakkie het. Gebruik dit slim en jy het kyk-na-my-oë wat aandag trek.

Die skoonheidshuis M.A.C het SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, na een van hul winkels in Johannesburg genooi om meer oor wimpers te leer. Hulle glo almal kan die perfekte wimpers skep met die regte maskara, tegnieke en toestelle en het ’n paar goeie wenke gedeel:

About last night: here’s how to get @gigihadid’s #metgala2017 whisper wing and whisper brows by @erinparsonsmakeup: FACE: #dreamcushion foundation for luminous skin with #fitmefoundation to mattify certain parts of the face. For an extra glow Erin used #masterstrobe liquid on high points of the face. BROWS: How to get faux bleached brows? First, Erin concealed Gigi’s brows with dream lumi highlighting concealer then she applied brow fiber volumizer in ‘blonde’ over top. Easy faux bleach brows, without the bleach! EYES: Erin used shadow from the #rocknudes palette to highlight Gigi’s eyes and created the deconstructed wing look with lasting drama gel pencil in ‘sleek onyx’ and eye studio gel liner. She completed the look with #pushupangel mascara. #mnyliner LIPS: a true matte liquid lipstick we’re launching this summer. Stay tuned!

A post shared by Maybelline New York (@maybelline) on

#1 ’n Wimperkruller maak ’n gróót verskil…

Druk dit teenaan jou wimpers vir ’n paar sekondes en herhaal nog een of twee keer totdat al die haartjies mooi gekrul is. ’n Gehalte-toestel met ’n plastiekdeeltjie wat oor jou wimpers druk, beskadig dit nie.

#2 Kyk uit vir dié woorde…

Ons almal het verskillende behoeftes. Sommige soek langer wimpers, ander meer volume. Die naam en bewoording op die maskara-buisie sê presies wat dit doen. Kyk vir woorde soos volume, lengthening en thickening.

Volg ons spesiale SARIE-gids om die regte maskara vir jou wimpers te kies!

#3 Probeer dié maklike truuk…

Plaas die maskaraborsel so na as moontlik aan jou wimperlyn en wikkel dit van links na regs deur jou wimpers terwyl jy die borsel deurtrek om elke haartjie van mekaar te skei en met maskara te bedek.

Wing out your lashes for a wow, look-at-me lash effect using #pushupangel mascara.

A post shared by Maybelline New York (@maybelline) on

#4 Twee (of drie) lae maskara is die sleutel vir vol wimpers…

Wend een laag aan en wag ’n minuut of twee voordat jy nog ’n laag aanwend. As jy die lae onmiddellik na mekaar aanwend, is die nat maskara te swaar en sak die krul wat jy met jou wimperkruller geskep het uit. Wag nog ’n minuut en wend ’n derde laag aan as jy voel dis nodig. ’n Goeie maskara maak nie klonte nie.

#5 Bonkige wimpers is weer mode…

Vir bonkige wimpers, soos die model Twiggy dit in die 60’s gedra het, moenie die oortollige maskara van die borselpunt verwyder wanneer jy dit uit die buisie trek nie. Hou die borsel vertikaal en gebruik net die punt om die maskara aan te wend.

 

Onthou jy nog spinnekopwimpers soos in die foto hieronder? Lees meer hiér!

Lees nou

Hiér is vyf nuwe maskaras waaroor ons mal is

Brei só maklike plekmatjies van tou

The post 5 slim wimper-wenke appeared first on SARIE.

Nuwe haarkleur-trend: Karamel-hare

$
0
0

Die SARIE-skoonheidspan het ’n nuwe haarkleur-obsessie: Karamel-hare! Hoewel dié warm, goudbruin skakering nie noodwendig nuut is nie (sanger Jennifer Lopez en aktrise Sofía Vergara is veral lief daarvoor om dié haarkleur te dra), sien ons deesdae al hoe meer bekendes wat met die skakering in hul hare spog. Die rede? ’n Karamelskakering in jou hare pas letterlik by alle vel- en haarkleure en laat jou boonop jare jonger lyk.

Sofía met háár karamelkleur ligstrepies.

Last table read of season8!!! @jessetyler @starringrico

A post shared by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

’n Karamel haarkleur kan jy as een skakering in jou hare dra óf as ligstrepies saam met swart, bruin of blonde hare. Dit komplementeer alle gelaatskleure en skep boonop ’n natuurlike multi-dimensionele voorkoms wat jou jonger kan laat lyk, omdat dit herinner aan die goue sonstrepies waarmee jong kinders ná ’n seevakansie pronk.

Karamel-hare is boonop ekonomies. Die kleur is maklik om te onderhou en wanneer dit uitgroei, sien jy dit nie so duidelik nie.

Daar is ’n magdom maniere waarop jy dié mooi kleur in jou hare kan dra. Die volgende bekendes se karamel-hare inspireer ons.

Bekendes met ’n ligter velkleur:

Dakota Johnson

Die aktrise se subtiele karamelkleur ligstrepies gee haar donkerbruin hare natuurlike dimensie.

 

Mandy Moore

Ons is mal oor die aktrise se subtiele ombré-voorkoms in karamel.

 

Aubrey Plaza

Die aktrise se moeitelose karamel-hare laat ons terugverlang na warm somerdae.

 

Blake Lively

Danksy karamelkleur ligstrepies het die aktrise se blonde hare ’n gemaklike strand-voorkoms.

 

Bekendes met ’n donkerder velkleur:

Jennifer Lopez

Die aktrise en sanger se karamelkleur hare is kenmerkend van haar voorkoms.

 

Jessica Alba

Ons is mal oor die aktrise se donker haarwortels wat geleidelik ligter word tot ’n karamelkleur op die punte.

 

Shay Mitchell

Die Pretty Little Liars-aktrise wys dat selfs swart hare mooi lyk met karamelkleur ligstrepe.

 

Hailey Baldwin

Karamelkleur ligstrepe in die model-dogter van akteur Stephen Baldwin se hare gee haar blonde hare ’n sexy, ingeleefde voorkoms.

 

Bronne: www.elle.com, www.schwarzkopf.com

Lees nou

5 slim wimper-wenke

Só lyk die naelkleur wat koningin Elizabeth al byna 30 jaar dra

The post Nuwe haarkleur-trend: Karamel-hare appeared first on SARIE.

Angelique Gerber is nie meer blond nie!

$
0
0

Angelique Gerber het ná jare as ’n blondine haar hare bruin gekleur!

Ons het in 2010 vir Angelique leer ken as die rooikop Clara in 7de Laan. Só het sy destyds op SARIE se voorblad gestraal:

SARIE se Julie 2010-uitgawe

Angelique het in 2014 haar hare blond gekleur. Sy het dit gedoen vir ’n rol in ’n fliek, maar sy het ook destyds aan SARIE.com gesê dis ’n “nuwe begin” na ’n moeilike jaar.

Vandag is ons al gewoond aan Angelique as ’n blondine op haar televisieprogram, Angelique en Jr. Sy het haar Instagram-volgelinge (én ons) behoorlik verras toe sy vanoggend haar nuwe haarstyl deel:

Ons dink dit lyk baie mooi en gesond! Wat dink jy?

Lees nou

Dié Hollywood-paartjies is al vir jare saam

Nuwe haarkleur-trend: Karamel-hare!

The post Angelique Gerber is nie meer blond nie! appeared first on SARIE.


Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare!

$
0
0

Haarstrikke in verskillende groottes was een van die gewildste tendense by die internasionale modeweke vroeër vanjaar. Ook op die rooi tapyt het aktrises soos Sienna Miller en Riley Keough met ’n swart strik in die hare gespog. Nou het ons ook SA aktrise Donnalee Roberts met ’n elegante swart fluweelstrik in haar hare gewaar.

Ons is mal oor dié trend: Dis die perfekte min-moeite-haarbykomstigheid vir die kouer maande en lyk supersjiek. En al wat jy nodig het, is ’n lint!

Die aktrise van die oomblik Elle Fanning het die afgelope week tydens die Cannes-rolprentfees op twee verskillende geleenthede ’n strik in haar hare gedra.

Eers met ’n eenvoudige pienk strikkie …

 

 

En toe met ’n lang swart fluweelstrik.

 

 

Met ’n strik kan jy die eenvoudigste styl ’n tikkie elegansie gee. ’n Lae ponie lyk veral fantasties met ’n strik van satyn- of fluweellint. En wie sê dit is net vir die jonges? Selfs by vroue bo 40 kan ’n groot haarstrik stylvol en sjiek lyk. Stileer bloot jou hare in jou gunsteling-styl en voeg ’n klein of bonkige strik by.

Moenie bekommerd wees as jou haarstrik nie perfek is nie. Dit voeg by tot die styl as die strik effens deurmekaar, pap of oneweredig hang, het die bekende Britse haarstileerder Guido Palau agter die skerms tydens die Amerikaanse modeontwerper Tory Burch se modevertoning in New York aan Elleuk.com gesê.

Bonkige haarstrikke by die modevertoning van die modehuis Marchesa

 

Fyner haarstrikke by die ontwerper Emilia Wickstead se vertoning

 

Kyk net na dié bekendes wat ons inspireer met hul haarstrikke:

Nicole Kidman

 

Riley Keough

 

Sienna Miller

 

Gwyneth Paltrow

 

Wat dink jy?

 

Nóg inspirasie: Kyk net hoe mooi lyk dié haarstrikke

FOTO: Instagram (@sweetbabyjamie)

FOTO: Instagram (@alexarodulfo)

FOTO: Instagram (@cocobaudelle)

FOTO: Instagram (@sammcknight1)

FOTO: Instagram (@marthaward)

FOTO: Instagram (@toryburch)

Bronne: www.vogue.com, www.elleuk.com

Lees nou

Bekende verklap hoe sy op 48 mooi bly

Stap vir stap: Grimeer soos prinses Diana

The post Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare! appeared first on SARIE.

6 grimeertruuks vir jonger lyk

$
0
0

Sofía Vergara, Jennifer Aniston, Reese Witherspoon … dié drie aktrises lyk altyd jeugdig en stralend op die rooi tapyt. Maar hoe kry hulle dit reg? Met ’n paar slim grimeertruuks is dit makliker as wat jy dink.

1. Verruil jou onderlaagborsel vir ’n grimeersponsie

Onderlaag wat streperig en aangeplak lyk, kan jare by jou voorkoms voeg. Volg die raad van talle bekendes en grimeerkunstenaars en verruil jou onderlaagborsel vir ’n grimeersponsie.

Die meeste grimeersponsies is gemaak van hidrofiliese sponsmateriaal waarmee jy jou onderlaag foutloos aanwend sodat jou vel goed bedek is, terwyl dit steeds lyk asof jou vel onder die onderlaag “deurskyn” sonder ’n streep in sig. Boonop laat dit onderlaag langer op jou vel hou.

Because Friyay!!! #FBF #Dallas @feedprojects @draperjames

A photo posted by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

2. “Lig” jou wange met blos

Ons vel verloor fermheid soos ons ouer word. Gebruik blosser om die illusie van fermer vel te skep. Pleks daarvan dat jy blosser op die appels van jou wange aanwend, wend dit net onder jou wangbene aan en skakeer dit opwaarts tot by jou slape. Jy kan ook jou blosser baie liggies reg rondom die onderkant van jou kakebeen skakeer. Dit sal jou gesig meer gelig laat lyk.

blos

3. Wend ’n basislaag aan jou ooglede

’n Oogskadu-basislaag (eyeshadow primer) voel dalk soos ’n onnodige ekstra, maar net ’n tikkie op jou ooglede voor jy oogskadu aanwend kan ’n groot verskil maak. Veral as jy fyn lyntjies en plooie rondom jou oë het. Oogskadu-poeier gaan lê dikwels in dié lyntjies wat dit meer opsigtelik maak. ’n Oogskadu-basislaag vul die lyntjies liggies in en laat ook jou oogskadu langer hou en vars lyk.

 4. Kies bruin oogomlyner pleks van swart

Swart is perfek vir ’n dramatiese en grafiese oogomlyner-voorkoms wat aandag trek. Tog kan dié kleur dikwels jou oë kleiner en meer ingesonke laat lyk, veral wanneer jy dit in die dag dra. Dit trek ook die aandag na fyn lyntjies en plooie rondom jou oë.

Talle bekendes soos Sofía Vergara en Olivia Wilde gebruik daarom ’n bruin omlyner om hul oë subtiele definisie te gee en effens rokerig te laat lyk. Dit sorg ook vir ’n meer natuurlike en moeitelose dog gesofistikeerde voorkoms.

 

5. Kyk uit vir lengthening maskara

Jou wimpers raak dunner soos wat jy ouer word, het die Amerikaanse tydskrif Allure onlangs aanlyn berig. Swaar maskara-formules kan dan jou wimper maklik plat laat lyk. Kyk uit vir ’n maskara wat lengte en volume gee en ’n dun borseltjie met kort, eweredig verspreide haartjies het. Die borsel tel net genoeg maskara op en kan tot teenaan jou ooglid bykom sodat die maskara die volle lengte van jou wimpers bedek.

6. Vermy poeier

Baie van ons tik ’n deursigtige poeier aan om ons grimering te set. Maar dit kan jou ouer en aangeplak laat lyk omdat die fyn poeierdeeltjies dikwels in die lyntjies of plooie op jou vel gaan lê. Dit droog ook jou vel vinniger uit.

Die oplossing? Gesigsproei. Buiten dat ’n gesigsproei jou vel deur die dag verfris en bevog, help dit ook om jou grimering vars te hou en oortollige olie te absorbeer. En as jou vel bevog is, lyk jou grimering net mooier.

Bronne: www.allure.com, www.harpersbazaar.com

Lees nou

Nataniël maak konsert vir goeie doel

VIDEO: Kry dikker wenkbroue met ’n koekieseep!

The post 6 grimeertruuks vir jonger lyk appeared first on SARIE.

Die velsorg-“ekstra” wat jy in jou skoonheidskas móét hê!

$
0
0

Dis ’n ou staatmaker, maar die nuwe generasie gesigmaskers raak net al hoe gewilder danksy nuwe aktiewe bestanddele en interessante tegnologie wat jou vel in ’n kits kan omtower. Dis dus geen verrassing nie dat gesigmaskers die afgelope jaar die velsorgproduk is wat die meeste gegoogle is in Amerika, Japan en Frankryk. Veral dié wat aknee en ’n olierige vel takel, soos houtskool- en kleimaskers.

Ons weet wat jy dink: Met ons dol lewens het min van ons die tyd (of geld) vir ’n ingewikkelde velsorgroetine, en ’n gesigmasker is beslis ’n ekstra … maar jy sal verbaas wees hoe groot verskil ’n goeie produk aan jou vel kan maak.

So hoekom ’n masker gebruik?

Maskers beleef ’n oplewing omdat ons in ’n era van kitsbevrediging leef, sê Sonette Donker, velsorgkenner en eienaar van die estetiese salon Skin ID in Johannesburg. “Met ’n velsorgproduk soos ’n serum, wat dieper in jou vel werk, sien jy eers ná ’n paar maande werklik ’n verskil, terwyl jou gelaat dadelik beter lyk nadat jy ’n masker aangewend het. Dit is omdat ’n masker op die veloppervlak werk waar dit bv. onmiddellik oortollige olie absorbeer, jou vel bevog of dit afskilfer sodat dit plomper en gladder lyk.”

Baie van die maskers vandag is ook multifunksioneel en behandel meer as een velprobleem op ’n slag. En as jy ’n masker gereeld, so drie keer per week, gebruik, kan dit bydra tot ’n algeheel gesonder vel, sê Sonette. “Boonop hoef jy nie vandag meer ’n masker vir 20 minute aan te hou nie. Skoonheidshuise besef mense het min tyd en met baie van die nuwe maskers hoef jy dit net vir twee tot vyf minute aan te hou.”

Hoe kies ek die regte masker?

Vir ’n probleemvel:

Soek ’n masker met klei, salisielsuur of houtskool. Klei absorbeer die oortollige olie wat kan lei tot ’n probleemvel, salisielsuur werk inflammasie teen en droog puisies uit en houtskool maak jou vel ordentlik skoon.

Soek die woorde “purifying”, “clearing”, “clay”, “detox” of “oil absorbing” op die verpakking.

Vir ’n droë vel:

Bestanddele soos hialuronsuur, galambotter en melksuur gee jou vel ekstra vog.

Kyk vir woorde soos “hydrating”, “moisturising” of “nourishing” op die verpakking.

Vir donker vlekke en ’n vaal vel:

Kies ’n masker wat ook jou vel afskilfer. Wanneer jy van dooie selle op die veloppervlak ontslae raak, lyk jou vel stralend en gladder en donker vlekke oor tyd ligter. ’n Bestanddeel soos vitamien C help ook om jou vel te verhelder.

Soek die woorde “brightening”, “even complexion” of “even skin tone/colour” op die verpakking.

Probeer dié nuwe gesigmaskers:

Vir ’n probleemvel

L’Oréal Paris Pure Clay Detox Mask (R150)

Vir ’n probleemvel

The Body Shop Tea Tree Skin Clearing Clay Mask (R140)

Vir ’n droë vel

Glamglow Thirstymud Hydrating Treatment (R850)

Vir ’n droë vel

Cettua Hydrating Facial Mask (R36). By Clicks

Vir donker vlekke en ’n vaal vel

Skin Republic Brightening Eye Mask (R53 vir 3 aanwendings)

Vir donker vlekke en ’n vaal vel

Dermaceutic Mask 15 (R950). By uitsoeksalonne

Lees nou

Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare!

5 wenke vir mooier wimpers

The post Die velsorg-“ekstra” wat jy in jou skoonheidskas móét hê! appeared first on SARIE.

Lily Collins se 7 mooiste haarstyle by Cannes

$
0
0

Met haar donker hare, bokkie-oë en prominente wenkbroue is die Britse aktrise Lily Collins enige grimeerkunstenaar en haarstileerder se droom. Sy’s bekend as ’n vrou wat nie bang is om kanse te waag met haar voorkoms nie. En die afgelope week by die Cannes-filmfees in Frankryk het haar styl weer eens die koppe laat draai.

Die 28-jarige aktrise was by die glansryke fees om haar nuwe fliek, Okja, saam met haar medespelers Tilda Swinton en Jake Gyllenhaal te bemark.

Buiten dat sy die hele week nie ’n enkele mode-voet verkeerd gesit het nie, is ons beïndruk met die veelsydige en interessante haarstyle waarmee sy op die rooi tapyt gepronk het. Van supergladde hare tot ’n deurmekaar perm: haar verkleurmannetjie-style het ons behoorlik geïnspireer.

A little sparkle, a touch of leather, and a whole lot of hairspray. My true 80’s self…

A post shared by Lily Collins (@lilyjcollins) on

Lily se haarstileerder, Jen Atkin, het aan die Amerikaanse modewebblad Fashionista vertel dat al Lily se style deur ’n moeitelose “French girl”-voorkoms geïnspireer is. Omdat Lily se hare elke dag met intense hitte gestileer is, het Jen voor elke geleentheid pleks van gewone opknapper ’n bevogtigende haarmasker in haar hare ingewerk en dit 15 minute ingehou voor sy dit uitgespoel het, berig Fashionista. Dit het gehelp dat haar hare gesond en bevog bly en steeds glansend lyk.

Kyk net hoe mooi het Lily se hare op die rooi tapyt gelyk:

Superglad gestryk

Gladgestrykte hare met ’n middelpaadjie is nou hoogmode en lyk moeiteloos sjiek.

 

Interessante poniestert

Haar haarstileerder het hier geëksperimenteer met ’n interessante poniestert versier met fyn goue draad.

Effens gegolf met ’n bonkige kuif

Later die week het Lily gespog met ligte golwe en ’n swaarder kuif.

 

Elegante bolla en kuif

Dié mooi opstyl herinner aan die aktrise Audrey Hepburn se ikoniese haarstyl in die trefferfliek Breakfast at Tiffany’s.

Love this girl #lilycollins

A post shared by Vincent Oquendo (@makeupvincent) on

“Ou” Hollywood-golwe

Hiér lyk sy gesofistikeerd met golwe uit die Hollywood van weleer.

Romantic metallic #lilycollins

A post shared by Vincent Oquendo (@makeupvincent) on

Stywe, deurmekaar krulle

Teen die einde van die week het Lily bewys sy lyk mooi selfs met ’n perm!

 

Speelse vlegsel

Sy het die week afgesluit met ’n speelse klein vlegsel aan die een kant van haar kop en deurmekaargekrapte golwe.

braids & that eye @lilyjcollins x @makeupvincent x #hairbycarlymarie @theouai @dysonhair

A post shared by CARLY WALTERS // HAIRSTYLIST (@hairbycarlymarie) on

Bronne: www.fashionista.com, www.vogue.com

Lees nou

Die velsorg-“ekstra” wat jy in jou skoonheidskas móét hê

6 grimeertruuks vir jonger lyk

The post Lily Collins se 7 mooiste haarstyle by Cannes appeared first on SARIE.

Nádine se geheim vir ’n gladde, stralende vel

$
0
0

Die plaaslike sangeres Nádine is pas terug in SA nadat sy die afgelope paar weke in Nieu-Seeland getoer het as lid van die geselskap vir die musiekblyspel Joseph and The Amazing Technicolor Dreamcoat. Ten spyte van lang, besige dae en baie verhooggrimering lyk haar vel steeds fantasties. Ons het by haar gaan hoor wat haar velsorggeheim is …

In die gewilde musiekblyspel is Nádine in haar rol as verteller byna heeltyd op die verhoog. Sy erken dit het sy tol geëis op haar vel. “Die afgelope ses maande show ek basies sewe dae per week. En omdat ek dag ná dag baie swaar verhooggrimering dra en lang tye onder warm verhoogligte deurbring, kan my porieë maklik verstop raak en my vel vaal en moeg lyk en geïrriteerd voel.”

Buiten behoorlike reiniging is dit daarom vir haar baie belangrik om haar vel gereeld af te skilfer. “Ek gebruik gereeld ’n korrel-afskilferaar ná vertonings. Dit werk baie goed om dooie velselle en enige ander vuiligheid te verwyder vir ’n silwerskoon vel.” Dit laat jou vel ook dadelik gladder lyk.

Sy vertel sy hou veral van velsorgprodukte van Dermalogica omdat dit geurvry is en geen bestanddele bevat wat jou vel sal irriteer nie. “As gevolg van die baie grimering wat ek dra, is my vel geneig om sensitief te voel en dan is dit lekker om produkte te gebruik wat sag en strelend op my vel is.”

En as sy die dag ’n puisie kry? “Ek probeer dan juis om nie te veel aan my vel te karring nie omdat dit net die breakout meer sal irriteer.” Soms sal sy ook haar gesig stoom (of in ’n stoomkamer in die gimnasium gaan sit) om haar porieë oop te maak en van onsuiwerhede ontslae te raak.

Skilfer só met ’n korrel-afskilferaar af:

1. Jy gebruik ’n korrel-afskilferaar gewoonlik op ’n vel wat nog nat is nadat jy jou gesig gewas het. Vryf dit ’n paar sekondes lank met ligte sirkelbewegings oor jou gesig voordat jy dit afspoel. Vermy die fyn vel om jou oë.

2. Gebruik ’n korrel-afskilferaar net so twee of drie keer per week. As jy te veel afskilfer, kan dit jou velwand beskadig.

3. Maak seker die korrels in die produk is nie te grof nie. Toets ’n paar produkte in die winkel op jou hand en kies een wat sag op jou vel voel.

Vermy ’n korrel-afskilferaar as jy …

… met velprobleme soos rosacea en ekseem sukkel. Dit kan die probleem net vererger.

Probeer dié produkte:

Dermalogica Daily Superfoliant (R1 180)

Neutrogena Visibly Clear Pink Grapefruit Daily Scrub (R100)

Eucerin DermoPurifyer Scrub (R101)

Nivea Daily Essentials Skin Refining Scrub Normal & Combination Skin (R60)

Kiehl’s Clearly Corrective Skin Brightening Exfoliator (R650)

Lees nou

Lily Collins se 7 mooiste haarstyle by Cannes

6 grimeertruuks vir jonger lyk

The post Nádine se geheim vir ’n gladde, stralende vel appeared first on SARIE.

Viewing all 357 articles
Browse latest View live