Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Clarins se Lynne bereik Everest-piek

$
0
0

SARIE.com het die afgelope paar weke met groot opgewondenheid die berg Everest dopgehou. In Mei-maand het die eerste groep buitelanders weer die bekende bergpiek aangepak ná 2 jaar van ongelukke waarin talle stappers en hul gidse dood is.

Patricia Lewis: “Ek sal nooit Everest klim nie.”

Onder die buitelanders was Lynne Hanna, hoof- uitvoerende beampte van die skoonheidshuis Clarins in die streek Afrika suid van die Sahara, en haar man, Noel, wat die piek Saterdagoggend omstreeks 07:00 bereik het, te midde van die slegte nuus dat vier mense tydens dié uitmergelende ekspedisie dood is. Een van hulle was ’n Suid-Afrikaans gebore Australiër, dr. Marisa Strydom.

Lynne en Noel het al voorheen die kruin vanaf die suidekant van die berg (in Nepal) bereik. Dié keer het hulle die piek vanaf die noordekant (in Tibet) bereik. Met dié prestasie is Lynne nou die eerste Britse vrou (Lynne is van Ierland) wat Everest se hoogste punt van albei kante kon bereik. En sy en Noel is die eerste getroude paartjie in die wêreld wat dit kon regkry.

Noel het gister ’n inskrywing op Facebook geplaas om al hul ondersteuners te bedank. “Net ’n vinnige boodskap om te sê ek en Lynne is veilig terug by die basiskamp. Ons het twee groot doelwitte bereik – om saam bo [op die berg] te staan en om die as van ons hond, Babu op die piek te strooi.”

Lynne en Noel vlieg op 2 Junie terug Suid-Afrika toe.

Lynne het in April kort vóór haar vertrek Everest toe met SARIE.com gesels. Lees die interessante onderhoud hiér.

The post Clarins se Lynne bereik Everest-piek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!