Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

MasterChef SA-sussie toor velsorgprodukte op

$
0
0

Jy sal haar onthou as een van die MasterChef SA-sussies, en uiteindelik naaswenner van dié kosprogram se tweede reeks. Deesdae span Leandri van der Wat haar meestersgraad in chemie in om nuwe produkte vir die plaaslike velsorghuis Optiphi te ontwikkel.

 

 

Wou jy nog altyd in die velsorgbedryf werk?
Ek wou met my doktorsgraad begin, maar het my lewe evalueer en besef ek is te vasgevang in die akademie. Toe besluit ek om praktiese ervaring op te doen. Om in die velsorgbedryf te werk was nooit ’n loopbaandoelwit nie, ek wou eerder in die kosbedryf wees. Maar ek was so beïndruk met Optiphi se innovasie die dag van my werkonderhoud dat ek by hulle aangesluit het.

Wat behels jou werk?
Ek werk in die navorsing- en ontwikkelingsafdeling. Ek moet kyk of ons die briljante en innoverende idees vir nuwe produkte ’n werklikheid kan maak. Ek is mal oor my werk, want dit is kreatief, wetenskaplik en sake-gedrewe.

Kos of velsorg … Wat is jou eerste liefde?
Dis ’n moeilike een! Ek het in die kombuis grootgeword en is lief vir die magic van kook. Maar ek onthou ook hoe ek verskillende velsorgprodukte van my ma gemeng het om te sien of dit fizz of verkleur. Ek is passievol oor albei bedrywe. My passie vir velsorg het net later ontwikkel.

Jou moet-hê-produkte?
Of jy ’n man, vrou, jonk, oud, ’n donker of ligte velkleur het, daar is twee produkte wat jy móét gebruik: ’n goeie reiniger met salisielsuur (salisielsuur hou olierigheid onder beheer en skilfer jou vel af) en ’n vogroom met sonbeskerming en antioksidante, soos Optiphi se Classic Hydration Tint (R750).

* Dele van dié storie het oorspronklik in SARIE se September 2016-uitgawe verskyn

Lees Nou

Non-touring: Lente se maklikste trend

Dié 5 kleure laat donkerkoppe fantasties lyk 

The post MasterChef SA-sussie toor velsorgprodukte op appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!