Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Jou somergids vir jou hare!

$
0
0

Soms is daar min dinge so lekker soos om die haarsalon te verlaat met ’n vars nuwe haarkleur. Maar jy wil ook nie altyd waag met ’n drastiese kleurverandering nie. Die oplossing? Ligstrepies! En met die regte tegniek kan dié eenvoudige kleurstrepies ’n reuse-verskil aan jou voorkoms maak …

Die goeie nuus vir dié van ons wat ’n bietjie geld wil spaar, is dat die haarkleurtegnieke wat tans hoogmode is, baie mooi uitgroei, sê David Gillson, meesterstilis en direkteur van die haarsalongroep Carlton Hair International. “Tegnieke soos balayage, flamboyage, gesmelte kleur (colour melting) en baba-ligstrepies (baby lights) is maklik om te onderhou.” Met dié tegnieke word skakerings na aan jou eie haarkleur ingespan om jou hare ’n natuurlike voorkoms te gee. Wanneer die kleur dan uitgroei, sien jy dit nie so duidelik nie.

Dié bekendes wys hoe selfs net ’n paar ligstrepies jou haarkleur kan omtower in die warm seisoen:

Balayage

Ligstrepies word met die vry hand “aangeverf” en die eindresultaat is hare wat lyk of die son dit natuurlik ligter gekleur het.

Jessica Biel

 

Gisele Bündchen

 

Baba-ligstrepies

Baie fyn en ligte sonstrepies word in jou hare gesit om dit dimensie en ’n songoue glans te gee, sonder dat dit te veel afwyk van jou natuurlike haarkleur.

Miranda Kerr

 

Karlie Kloss

 

Gesmelte kleur

Met dié tegniek lyk dit of verskillende skakerings kleur in mekaar insmelt. Baba-ligstrepies word op die boonste deel van jou hare ingesit en die onderste deel word alles ligter gekleur (amper soos ’n tipe ombré).

Drew Barrymore

 

Chrissy Teigen

 

Flamboyage

’n Spesiale kleefstrook word gebruik om jou hare plek-plek “op te tel” en dan gekleur vir natuurlike dimensie. Die punte is gewoonlik effens ligter. Beskikbaar by salonne wat Davines-produkte aanhou.

Olivia Palermo

Lees nou

Kyk hoe lyk Jamie Oliver se baba!

Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet

The post Jou somergids vir jou hare! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!