Ons het dit al baie sien gebeur of sélf ervaar. ’n Verhouding loop op die rotse en van die eerste dinge wat ’n vrou doen, is om ’n dramatiese nuwe haarsnit te kry. Ons skryf dié verandering dalk toe aan bloot net lus wees vir iets nuuts, maar ’n nuwe, korter kapsel kan baie meer oor jou verklap …
Ons vroue het vir seker ’n spesiale verhouding met ons hare. Dink net aan al die tyd, geld en energie wat ons spandeer om dit goed te laat lyk. En volgens ’n New Yorkse opname verkies 73% van vroue pragtige hare bo ’n mooi klerekas.
Jou hare reflekteer die beeld wat jy die wêreld wil instuur én weerspieël baie van wat in ons binnewêreld aangaan, het Dorianne Weil, ’n kliniese sielkundige en bekende radio- en TV-persoonlikheid van Sandton, verlede jaar in ’n onderhoud aan Lydia van der Merwe van SARIE gesê.
Daarom sal baie vroue hul hare in ’n dramatiese korter haarsnit sny tydens ’n nuwe fase in hul lewe, selfs al ontken hulle dit. Volgens Dorianne sien sy dit dikwels by vroue wie se nes leeg is, ná die laaste “voëltjie” gevlieg het. Dis ’n tyd van herevaluasie. Jy verander jou voorkoms, gaan vir ’n paar verjongingsprosedures en pak dalk ’n nuwe loopbaan met vars ywer aan. En dikwels is ’n nuwe haarstyl die eerste tekens daarvan.
Die aktrise en sanger Hilary Duff het vroeër vanjaar haar lang blonde lokke verruil vir ’n sexy bob nadat die egskeiding tussen haar en die Amerikaanse hokkiespeler Mike Comrie afgehandel is.
Buiten dít wys nuwe korter hare jy’s selfversekerd en selfgeldend. Dink maar aan die roaring twintigs en swinging sestigs toe vroue hul stemme dik begin maak het vir meer vryhede. Vroue het hul hare in ’n bob gesny om te wys hulle maak soos hulle wil, eerder as om mans te plesier. Ook as jy meer ernstig opgeneem wil word, kan ’n korter, meer moderne snit help, het Dorianne gesê.
Coco Chanel het immers gesê: “As jy jou lewe wil verander, begin by jou hare.”
’n Nuwe haarsnit beteken nie jy hoef alles af te sny nie. Selfs ’n subtiele verskil, soos om jou hare in ’n lang bob te laat sny, kan ’n verskil maak. Maak seker die styl wat jy kies pas by jou leefstyl, loopbaan en die vorm van jou gesig en vra jou haarstilis vir raad.
Dié vroue se korter hare inspireer ons:
Rolanda Marais
Charlize Theron
Tyra Banks
Minki van der Westhuizen
@claudiadenobrega #comingsoon Wearing one of my favourite dresses from @poetrystores A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on
Naomi Watts
*Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se Oktober 2015-uitgawe verskyn.
Bronne: www.instyle.com
Lees nou
Victoria Beckham se verassende velsorggeheim
Hartaanval – kyk uit vir dié tekens
The post Kort hare: modern, sterk, sexy appeared first on SARIE.