Het jy al ooit na die haarkleur van ’n bekende, of selfs ’n vriendin, gekyk en gewonder of jy ook met daardie kleur sou kon spog? Ons het beslis al! Gelukkig het ons dié maklike wenk ontdek waarmee jy in ’n kits kan bepaal of die drastiese kleurverandering waarvan jy al maande droom inderdaad by jou gaan pas.
Volgens haarkenners kan jy bloot na die kleur van jou oë kyk om te weet of ’n spesifieke haarkleur jou gelaat gaan komplementeer of nie, berig die tydskrifte Allure en Marie Claire aanlyn.
Ons is almal soms skrikkerig om ons haarkleur drasties te verander, veral na blond, omdat die verkeerde skakering geneig is om jou gelaat ouer, vaal en uitgewas te laat lyk. Hoewel jou oogkleur nie al is wat ’n rol speel in hoe ’n haarkleur aan jou lyk nie, kan dit jou wel ’n goeie aanduiding gee van watter haarkleur-ondertone die beste by jou gelaat pas.
Doen ook dié maklike toetsie om te bepaal wat jou natuurlike velondertoon is
Volg dié wenke:
As jou oë blou, grys of donkerbruin is, lyk haarkleure met koel ondertone die beste by jou. Dink aan ligte skakerings soos ysblond en platinumblond, koperrooi, bruin skakerings met ’n grys ondertoon of swart skakerings met ’n blou ondertoon.
As jy ’n goudbruin of groen oogkleur het, sal warm haarskakerings met sagte goue of “botter” ondertone die beste by jou pas, soos dieprooi, goudblond, goudbruin of ’n ryk donker skakering.
Kyk maar net na dié bekendes se haarkleure:
Skakerings met ’n koel ondertoon
Julianne Hough
Jennifer Lawrence
Charlize Theron
Skakerings met ’n warm ondertoon
Lucy Hale
Jessica Alba
Sharon Osbourne
Bronne: www.allure.com, www.marieclaire.com
Jou onderlaag: oplossings vir die drie grootste probleme
The post Pas jou haarkleur? Vind met dié truuk uit appeared first on SARIE.