Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Dís die skoonheidsproduk wat die meeste gegoogle word. Kan jy raai wat dit is?

$
0
0

Daar is één produk wat verskeie velprobleme, soos aknee, ’n vaal gelaat, donker vlekke, droogheid, fyn lyntjies en olierigheid, dramaties kan verbeter: ’n gesigmasker.

Hoewel dié staatmaker al jare lank deel van baie van ons se skoonheidsroetine is, maak die unieke aktiewe bestanddele en interessante tegnologie wat deesdae in maskers ingespan word, superprodukte daarvan.

Dit is dus geen verrassing dat gesigmaskers die afgelope jaar die velsorgproduk is wat die meeste gegoogle is in Amerika, Japan en Frankryk nie.

FOTO Instagram / @lorealskin

FOTO Instagram / @lorealskin

’n Onlangse verslag oor skoonheidstendense deur dié soekenjin, Beauty Trends 2017, wys dat verbruikers veral belangstel in maskers wat aknee takel, soos houtskool- en kleimaskers. Maskers in die vorm van ’n gesiglappie (sheet masks) is ook gewild. Die opkoms van maskers word gedeeltelik toegeskryf aan skoonheidsbloggers en -skrywers wat gereeld prettige foto’s van hulself met ’n interessante masker op hul gesig op sosialemediaplatforms soos Instagram deel.

Ander trends wat deur Google geïdentifiseer is, sluit in veganistiese skoonheidsprodukte, soniese gesigreinigingsborsels, en produkte wat van badtyd ’n bederf-ervaring maak, soos om Engelse sout, appelasyn of gegeurde bruisballe (bath bombs) by jou badwater te gooi.

Probeer een van dié maskers:

L'Oréal Paris Pure Clay Detox Mask (R150)

Houtskool sorg vir ’n skoon vel en hou olierigheid onder beheer.

Glamglow Flashmud Brightening Treatment (R850)

Die formule gee ’n meer egalige velkleur en gladder tekstuur.

QMS Medicosmetics Relax-O-Firm Mask (R1 060). By uitsoeksalonne en -spa's

Ideaal vir ’n droë vel én jy kan dit op jou hande gebruik.

Skin Republic Brightening Eye Mask (R53 vir 3 aanwendings). By Dis-Chem, Edgars en Red Square

Gebruik dié lappies om donker kringe onder jou oë te verlig.

Dior Capture Totale DreamSkin 1-Minute Mask (R1 125). By uitsoektakke van Edgars en Red Square

Jy hoef dié masker vir net een minuut aan te hou voordat jy dit afspoel. Dit bevat ook alfahidroksisure wat jou vel liggies afskilfer.

Lees Nou

Grimering in Hollywood nou “onderstebo”

Koop nóú by die mansafdeling

 

The post Dís die skoonheidsproduk wat die meeste gegoogle word. Kan jy raai wat dit is? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!