Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare!

$
0
0

Haarstrikke in verskillende groottes was een van die gewildste tendense by die internasionale modeweke in Februarie vanjaar. Ook op die rooi tapyt het aktrises soos Sienna Miller en Riley Keough met ’n swart strik in die hare gespog. Ons is mal oor dié trend: Dis die perfekte min-moeite-haarbykomstigheid vir die kouer maande en lyk supersjiek. En al wat jy nodig het, is ’n lint!

 

Met ’n strik kan jy die eenvoudigste styl ’n tikkie elegansie gee. ’n Lae ponie lyk veral fantasties met ’n strik van satyn- of fluweellint. En wie sê dit is net vir die jonges? Selfs by vroue bo 40 kan ’n groot haarstrik stylvol en sjiek lyk. Stileer bloot jou hare in jou gunsteling-styl en voeg ’n klein of bonkige strik by.

Moenie bekommerd wees as jou haarstrik nie perfek is nie. Dit voeg by tot die styl as die strik effens deurmekaar, pap of oneweredig hang, het die bekende Britse haarstileerder Guido Palau agter die skerms tydens die Amerikaanse modeontwerper Tory Burch se modevertoning in New York aan Elleuk.com gesê.

Bonkige haarstrikke by die modevertoning van die modehuis Marchesa

 

Fyner haarstrikke by die ontwerper Emilia Wickstead se vertoning

 

Kyk net na dié bekendes wat ons inspireer met hul haarstrikke:

Nicole Kidman

 

Riley Keough

 

Sienna Miller

 

Gwyneth Paltrow

 

Wat dink jy?

 

Nóg inspirasie: Kyk net hoe mooi lyk dié haarstrikke

FOTO: Instagram (@sweetbabyjamie)

FOTO: Instagram (@alexarodulfo)

FOTO: Instagram (@cocobaudelle)

FOTO: Instagram (@sammcknight1)

FOTO: Instagram (@marthaward)

FOTO: Instagram (@toryburch)

Bronne: www.vogue.com, www.elleuk.com

Lees nou

Bekende verklap hoe sy op 48 mooi bly

Stap vir stap: Grimeer soos prinses Diana

The post Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!