Die Franse skoonheidshuis Guerlain het pas ’n nuwe advertensie-video met niemand anders nie as die smeulende Angelina Jolie as ster onthul.
Die video is uitgereik om die skoonheidshuis se nuwe parfuum, Mon Guerlain, te vier. Dis ’n geur wat die emosies, drome en vrye keuses van die moderne vrou vergestalt. En wie kan die parfuum beter verteenwoordig as Angelina, die Oscar-bekroonde aktrise, gerekende regisseur én kampvegter vir vroue- en kinderregte? Boonop maak sy met hierdie veldtog weer ’n verskil deur haar betaling aan liefdadigheid te skenk.
Kyk hiér na die romantiese advertensie:
Mon Guerlain (R1 600 vir 50 ml EDP) bevat note van laventel, jasmyn, irisblom en vanielje en is vanaf vandeesmaand beskikbaar.
Lees nou
‘Blorange’ is dié haarkleur van die seisoen
Kyk Leandie en Amalia se mooi hare!
The post VIDEO: Angelina skitter in nuwe veldtog appeared first on SARIE.