Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Bederf-geskenke vir Vadersdag

$
0
0

Vadersdag is om die draai! En as jy nog nie iets vir dié spesiale man het nie, is hier ’n paar geskenk-idees waarmee jy hom die komende naweek kan bederf.

FOTO: Unsplash

Probeer een van dié idees:

Vir wanneer hy skeer …

Die moderne man bestee gemiddeld meer as 3 000 uur van sy lewe daaraan om baard te skeer, berig The Mirror aanlyn. Hoe en waarmee jy skeer, kan die verskil maak tussen ’n vars en skoon vel teenoor ingroeibaard en ’n branderige, seer vel.

Vir sy baard …

As die man in jou lewe verkies om ’n baard te dra, is daar gelukkig ’n magdom interessante baardprodukte waarmee jy hom kan bederf. Op die oomblik is ’n kort stoppelbaard (stubble) hoogmode, maar ’n voller, houtkappersbaard is ook steeds gewild.

’n Spesiale geur …

Jy kan nie ’n fout maak met ’n splinternuwe geur vir hom nie. As jy ’n bietjie meer geld het om te spandeer, verras hom met een van dié mansparfuums.

Vir wanneer hy skeer ...

Die skeermesvervaardiger Shick was eerste met ’n bevogtigerstrook op die lem van hul skeermesse. Danksy dié strook bevog en streel die Shick Hydro 5-skeermes (R120) jou vel terwyl jy skeer.

Vir wanneer hy skeer ...

Die nuwe skeerjel Nivea Men Active Energy Skin Revitaliser Shaving Gel (R75 vir 200 ml) bevat onder meer vitamiene om ’n moeë gelaat te verhelder.

Vir wanneer hy skeer ...

Wend die skeerbalsem Sorbet Man Post Shave Balm Bump Control (R70) aan nadat jy geskeer het om rooi knoppies op jou vel te voorkom. By Clicks

Vir sy baard ...

Wees op die uitkyk vir baardolies met bestanddele soos amandel-, klapper- en teeboom-olie. Probeer Johnny’s Chop Shop Sharp & Easy Beard Oil (R119). By Dis-Chem

Vir sy baard ...

As jy ’n volbaard het, was jou baard soggens en saans met ’n spesiale seep soos Beardworx Beard Soap Bar with Bamboo Dish (R110). Besoek www.beardworx.co.za

Vir sy baard ...

’n Olie soos Tom Ford For Men Conditioning Beard Oil (R745) bevog jou baard en hou die hare sag. Kam laastens jou baard met die Tom Ford Beard Comb (R540). By uitsoekwinkels van Edgars

’n Spesiale geur ...

Die geur Gucci Guilty Absolute Pour Homme (R1 375 vir 90 ml EDP) is aards en sexy met note van leer, patsjoelie en hout.

’n Spesiale geur ...

Lanvin Éclat D’Arpège Pour Homme (R995 vir 50 ml EDT) is ’n heerlike geur vir die dag met note van water, sitrus en hout. By Dis-Chem

’n Spesiale geur ...

’n Oosterse geur met kardemom, agarhout en leer: Bulgari Man Black Orient (R1 875 vir 100 ml Parfum).

Lees nou

Oscar-wenner nou botterblond

Ster-produkte vir fyn hare

The post Bederf-geskenke vir Vadersdag appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!