Die skoonheidswêreld kan nie uitgepraat raak oor retinol se magdom voordele vir jou vel nie, en tog is baie van ons nog skrikkerig om dié superproduk te gebruik. Moenie wees nie! Dis een van die bestanddele waaroor al die meeste navorsing gedoen is en dit word al dekades lank ontwikkel en verbeter. Boonop is daar nou ál meer bekostigbare retinolprodukte beskikbaar.
Wat is retinol?
Dié kragtige bestanddeel is ’n vorm van vitamien A en het die vermoë om die tempo te versnel waarteen velselle vernuwe word, sodat jou vel stralender en jeugdiger lyk. Só behandel dit alles van fyn lyntjies en plooie tot donker vlekke, aknee, droogheid en selfs ’n sensitiewe vel.
Hoe gebruik jy dit?
Die meeste retinolprodukte is in die vorm van ’n serum of room te kry. Jy kan dit bloot by jou bestaande velsorgroetine voeg en in die aand aanwend nadat jy jou vel gereinig het.
Maar gaan dit nie my vel sensitief maak nie?
Omdat dit ’n baie aktiewe bestanddeel is, kan jou vel in die begin effens rooi en droog wees en selfs sigbaar ’n bietjie afskilfer. Moenie dat dit jou afskrik nie. Gebruik die produk eers net so een of twee keer per week saans totdat jou vel gewoond is daaraan en gebruik dit dan geleidelik meer. Jou vel pas binne omtrent twee weke aan. Om die droogheid teen te werk kan jy in hierdie tyd ’n ryker vogroom en bevogtigende masker oorweeg.
Só help retinol vir byna enige velkwessie:
Lees nou
Die nuwe ster-bestanddeel vir fyn hare
The post Die super-velsorgproduk wat vir álles help appeared first on SARIE.