Moeg dat jou vel vaal en leweloos lyk in die winter? Ons het ’n slim oplossing … en dis nie verbronser nie! Daar’s ’n nuwe naelkleur wat die skoonheidswêreld aan die praat het en buiten dat dit ’n prettige dog sagte kleur is, kan dit wondere verrig vir jou gelaat …
Die naelkleur van die oomblik is ’n subtiele oranje skakering, berig Refinery29.com. En ons kan sien waarom die kleur gewild is. Die warm skakering pas by alle velkleure en is pret en interessant sonder om té helder op jou naels te lyk. En die beste van alles? Die skakering skep die illusie van ’n sonbruin gelaat. Dis omdat naellakskakerings met ’n warm ondertoon, soos donkerrooi, oranje, koraal en goud, die warm ondertoon in jou vel beklemtoon sodat dit gesond en meer sonbruin lyk.
Ons dink ’n oranje of koraal naelkleur is perfek om die winter ’n bietjie op te kikker.
Oranje is beslis een van die kleure van die jaar. Dink maar aan die “blorange” haarkleur (’n mengsel tussen blond en oranje), sonsondergang-kleure op jou oë en selfs die geel en oranje blosser wat tans oral op Instagram gesien word.
Al hoe meer bekendes en bloggers spog vanjaar met blorange hare.
Oogskaduskakerings in oranjerooi, roes, bruinrooi en wynrooi is net so ’n groot gier. Kies een van dié kleure (of ’n kombinasie daarvan) en skakeer dit sommer met jou vinger oor jou boonste ooglid totdat dit uitgewas lyk vir jou “sonsondergang”-oë.
Geel grimering is dalk min van ons se eerste keuse, maar dit lyk baie mooier as wat ’n mens sou dink! Kyk net:
Probeer dié oranje naellakskakerings:
Bronne: www.refinery29.com, www.popsugar.co.uk, www.allure.com
Lees nou
Kate Moss ‘weer 18’ in nuwe veldtog
The post Die winter se warmste naelkleur! appeared first on SARIE.