’n Kuif is een van die maklikste en vinnigste maniere om nuwe lewe in jou haarstyl te blaas, veral as jy nie noodwendig baie van jou hare wil afsny nie. En die afgelope week het sommer twee bekendes besluit om hul hare met ’n kuif op te kikker.
Die werklikheidster Kylie Jenner het verlede week op Instagram met ’n nuwe bob-haarstyl en ’n dik, soliede kuif gepronk. Hoewel dié kapsel net ’n pruik is (Kylie is bekend daarvoor dat sy byna weekliks met ’n nuwe pruik spog), dink ons die dik, soliede kuif pas mooi by haar.
Die Modern Family-aktrise Sofía Vergara het die naweek vir haar ’n kuif laat sny en ’n foto van haar nuwe voorkoms op Instagram gedeel. Ons is mal oor die tekstuur van haar kuif en die gemaklike styl wat dit skep.
Daar is verskillende weergawes van ’n kuif en jy kan een kies wat by jóú pas. Kies ’n dikker, soliede kuif as jy ’n ovaal of lang gesigvorm het. ’n Langer kuif met baie tekstuur (tapered) versag weer die harde lyne van ’n vierkantige gesigvorm, terwyl ’n kantkuif perfek is vir ’n hartvormige gesig.
En as jy bekommerd is dat jou kuif deur die dag sal platval en leweloos lyk, spuit soggens ’n paar spuitjies droë sjampoe op die onderste punte van jou kuif. Dit sal oortollige olie absorbeer wat deur die dag vorm.
Kry nog kuif-inspirasie by dié bekendes:
Dik, soliede kuif
Amalia Uys
Die geheim van ’n dikker, soliede kuif is om dit nie té kort te sny nie. Die beste lengte is op die wenkbrou met die kante effens langer. Dít maak jou gesig sagter en beklemtoon jou oë.
Jessica Biel
Langer kuif met tekstuur
Nadia Valvekens
Zooey Deschanel
Wenk: Vra jou haarstilis om jou kuif op droë hare te sny – dít keer dat jou hare “terugspring” sodra dit droog is en dat jou kuif dan te kort gesny is.
Kantkuif
Leandie du Randt
Emma Stone
Lees nou
Só grimeer jy soos Kate Middleton
Supermodel se hare nou mooiste platinumblond
The post Kuiwe is terug! Kies die regte een vir jóú appeared first on SARIE.