Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Sleutel tot gesonde haargroei

$
0
0

As jou kopvel gesond is, groei jou hare optimaal, sê Trevenen Bam, plaaslike konsulterende trigoloog (haarkundige) van die haarsorgreeks Philip Kingsley. Ons besef dit nie altyd nie, maar ons kopvel word daagliks aan dieselfde skadelike omgewingsfaktore en vuiligheid as ons gesig blootgestel.

Onsuiwerhede soos sweet, stof en haarprodukte bou in jou hare en op jou kopvel op, sê Trevenen. Daarby raak jou kopvel daagliks as deel van die natuurlike selvernuwingsproses van miljoene dooie selle ontslae, wat ook op die oppervlak van jou kopvel gaan lê.

Gelukkig vorm die natuurlike olie wat deur jou haarwortels vervaardig word, ’n beskermende lagie op jou vel. Dit sorg vir ’n gesonde balans tussen dooie selle, onsuiwerhede en olie op jou kopvel. Jou hare groei dan beter en sterker omdat die nodige suurstof en voedingstowwe die haarwortels kan bereik.

Maar volgens Trevenen kan spanning, hormoonwanbalanse, ’n ongebalanseerde dieet en die gebruik van die verkeerde haarsorgprodukte dié sensitiewe balans versteur. Minder voedingstowwe kom dan by die haarwortels uit, meer dooie selle word afgeskud en te veel olie geproduseer. Mettertyd bou dié oortollige onsuiwerhede op, wat jou kopvel begin uitdroog en irriteer. Dit gaan lê binne-in die haarfollikels en lei tot droë vlokkies of ’n uitslag. Dit kan selfs voortydige haarverlies veroorsaak.

Ernstiger oorsake van olierigheid en skilfers sluit in ekseem, seborree-dermatitis en die ontsteking van jou kopvel. In dié gevalle is dit beter om jou dokter te besoek, volgens Trevenen.

Sorg só vir jou kopvel

1. Die belangrikste is om jou hare en kopvel skoon te hou, sê Trevenen. Was jou hare minstens elke tweede dag en maak seker jy spoel die sjampoe deeglik uit.

FOTO Instagram / @zoesaldana

2. Die regte haarsorgprodukte maak ook ’n groot verskil, sê hy. As jy geneig is om kopvelprobleme te hê, gebruik ’n sjampoe en opknapper wat ewe veel vog en proteïene aan jou hare gee. Kyk vir woorde op die verpakking soos “balancing” en “clarifying”.

FOTO Instagram / @mirandakerr

3. ’n Streng of ongebalanseerde dieet kan veroorsaak dat te min voedingstowwe die wortels bereik. Kos ryk aan gesonde vette, soos avokado, olieryke vis en sade, stimuleer die bloedsirkulasie na jou haarfollikels. Só word meer suurstof en voedingstowwe na die follikels vervoer. Dit voed jou haarwortels en bevorder gesonde haargroei.

FOTO Instagram / @chrissyteigen

4. Skilfer sowat een keer per week jou kopvel met ’n haarmasker af of meng ’n bietjie suiker of growwesout met jou sjampoe waneer jy jou hare was.

FOTO Instagram / @jessicachastain

Lees nou

Top-produkte met natuurlike bestanddele

Kuiwe is terug! Kies die regte een vir jou

The post Sleutel tot gesonde haargroei appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!