Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Hulp met frizzy hare

$
0
0

Tydens die droë wintermaande is ons hare geneig om meer kroeserig (frizzy) te wees. Volg ons raad – takel hare met erge krullerigheid en maak elke dag ’n goeie haardag.

Before After! #FighttheFrizz all summer using Sleek & Shine

A photo posted by GarnierUSA (@garnierusa) on

 

Die oorsaak

Dis hoofsaaklik mense met ’n krullerige haartekstuur wat sukkel om kroeserigheid (frizz) in toom te hou. Omdat die haartipe droër en growwer is as reguit hare, is dit gewoonlik ook geneig om vaal en glansloos te lyk, sê Pascale Guyonnet-Debersac, internasionale wetenskap-kommunikasiebestuurder van L’Oréal Paris se haarprodukte. Dikwels het krullerige hare ’n gebrek aan die natuurlike lipiedlaag wat elke haar bedek. Dié laag seël die kutikels sodat water nie die hare binnedring en die binneste struktuur “ontwrig” nie. As die lipiedlaag nie in plek is nie, veroorsaak stortwater, reën of vog in die lug dat jou hare kroes.

Die oplossing

Sodra jy die lipiedlaag herstel, is jou hare meer hanteerbaar, sê Pascale. Haarprodukte wat olie bevat of dié wat ontwikkel is om kroeserigheid teen te werk, help dat vogtigheid in die lug nie jou hare binnedring nie. Dit kan ook help om jou kutikels te seël sodat jou hare gladder lyk. Gladder hare blink meer omdat dit lig reflekteer. Gebruik ook ’n stileringsproduk wat jou krulle mooi definieer wanneer jy dit nie uitblaas of glad stryk nie.

Wenk: Jou hare word staties wanneer baie droë hare en vesels teen mekaar vryf. As jy ’n mussie of ’n hoed gaan dra, gebruik vooraf ’n inbly-opknapper of ’n droë olie om hare ekstra vogtig te hou. Jy kan ook droë sjampoe liggies oor al jou hare of binne-in jou hoed of mussie spuit om statiese hare te tem.

Probeer dié produkte:

L’Oréal Paris Elvive Extraordinary Oil Nourishing Shampoo en Conditioner (R70 vir 400 ml elk)

Garnier Ultimate Blends The Sleek Restorer Conditioner (R40 vir 250 ml)

Marc Anthony Defrizzing Coconut Cream Curls Shampoo en Conditioner (R135 elk)

Pantene Pro-V Deep Moisture Soufflé Moisture Renewal (R75)

Kardashian Beauty Twirl Me Curl-Defining Cream-Gel (R395)

Besoek www.glamit.co.za

Moroccanoil Smoothing Mask (R570). By uitsoeksalonne

The secret for #beautifulhair? Our Extraordinary Oil range #hairobsession #elseve #elvive #elvital #extraordinaryoil #haircare #instahair   A photo posted by L’Oréal Paris Hair Official (@lorealhair) on

Lees nou

Kies só ’n haarstyl vir jou uitrusting

Cara Delevingne spog nou óók met ’n lob

The post Hulp met frizzy hare appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!