Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Totsiens, skêr! Kry só ’n bob

$
0
0

’n Bob of lob (langer bob) is beslis dié haarstyl van die afgelope paar jaar. En met rede, want die haarsnit pas by almal! Is jy steeds skrikkerig om jou hare in ’n bob te sny? Probeer dan dié truuk!

As jy nie kans sien om jou lang lokke af te sny nie, kan jy altyd ’n sogenaamde “faux” of fop-bob probeer. Sommige bekendes is mal daaroor om hul hare so vas te steek en te stileer sodat dit lyk soos ’n bob-styl, sonder dat hulle hul hare hoef te sny.

Die Dancing with the Stars-ster Julianne Hough het op haar troudag vroeër die maand met ’n faux bob gespog.

Aanhangers van die model Gigi Hadid was uit die veld geslaan toe sy een aand met dié kapsel opdaag vir ’n partytjie. Sy het later onthul dat dit bloot ’n faux bob was.

a chop for the night  😉 big love to the glam fam @brycescarlett & @patrickta

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Die beste ding van ’n faux bob is dat dit nie te moeilik is om te skep nie. Kyk maar net na dié video deur die webtuiste E News waarin die popsanger Rihanna se haarstileerder verduidelik presies hoe hy dit doen.

Doen dit só:

Begin deur die boonste helfte van jou hare bo jou kop vas te maak. Vleg die onderste hare horisontaal teen die agterkant van jou kop in ’n Franse vlegsel. Maak dan die boonste hare los en steek dit in die styl van ’n bob vas met knippies.

Lees nou

Nog ’n aktrise skeer al haar hare af!

Nuwe trend vir voller lippe

The post Totsiens, skêr! Kry só ’n bob appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!