Die eerste keer in 15 jaar stel die Franse modehuis Chanel weer ’n splinternuwe vroueparfuum bekend. En die smeulende advertensie-video vir die geur is pas onthul.
Die naam van die geur is heel gepas Gabrielle, genoem na die stigter van die huis, Gabrielle (Coco) Chanel. Gabrielle was rebels en het as ontwerper die modewêreld op sy kop gekeer. Die parfuum is ’n ode aan haar vrye gees en haar vasberadenheid om haar eie toekoms te bepaal.
Die modehuis glo die aktrise Kristen Stewart verpersoonlik hierdie eienskappe en het haar die gesig van die parfuum gemaak.
Kyk hier na die interessante advertensie-video:
Die parfuum word beskryf as ’n “abstrakte blomgeur” en is geskep deur Chanel se bekende parfumeur Olivier Polge, wat ook die skepper was van hul Chanel Chance Eau Vive en Chanel No. 5 L’Eau. Dis ’n vars geur met lemoenbloeisel, jasmyn en soetemaling. Dit het jare geneem om die bottel te ontwerp. Die viersydige glaswande is só dun dat die bottel amper “verdwyn” en net die parfuum sigbaar is wanneer jy dit teen die lig hou.
Chanel Gabrielle (R2 465 vir 100 ml EDP) is van vandeesmaand beskikbaar.
Lees nou
Nàdine se geheim vir ’n gladde, stralende vel
The post VIDEO: Chanel se eerste nuwe parfuum in 15 jaar appeared first on SARIE.