Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Kan jy glo? Dié haarkleur verander saam met die weer (of jou bui)

$
0
0

Sou jy ooit kon dink dat jou hare jou bui kan verklap? Of dat jou haarkleur met die draai van die seisoene vanself van kleur verander? Danksy chemie en tegnologie is dit nou baie meer moontlik as wat jy dalk dink. Ja, jy kry nou haarkleursel wat op jou hare van kleur kan verander!

’n Britse chemikus, Lauren Bowker, het ’n haarkleurformule ontwikkel wat jou hare van kleur laat verander soos wat die temperatuur van jou omgewing styg of daal, berig die webwerf Forbes.com. Sy het dié unieke haarkleursel, genaamd Fire, onthul tydens die Londense Modeweek in Februarie vanjaar.

Hoe werk dit?

In ’n onderhoud met Forbes verduidelik Lauren dat sodra warm of koue lugmolekules die kleurpigmente van dié unieke kleursel op jou hare tref, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie wat die pigmente van kleur laat verander. Die pigmente is ook “geprogrammeer” om te weet teen watter temperatuur die kleur moet verander. Daarom gebeur die kleurverandering hoofsaaklik wanneer jy van binne na buite (of andersom) beweeg, maar dit kan ook saam met jou liggaamstemperatuur verander – soos wanneer jy bloos!

Die haarkleur is semi-permanent en was ná ’n paar haarwasse uit. Boonop is die formule nie-giftig en dus veilig om op jou hare te gebruik.

Die eerste salonproduk van dié fassinerende haarkleur-tegnologie is pas deur die internasionale haarproduk-reeks Pravana bekend gestel. Ons hoop dit kom binnekort ook Suid-Afrika toe!

Hands in the air if you’re into color-changing hair! #vividsmoodcolor #pravana

A post shared by #PRAVANA (@pravana) on

Wat dink jy?

 

 

Bronne: www.forbes.com, www.iflscience.com, www.cosmopolitan.com

Lees nou

Drew Barrymore wys wat in haar skoonheidskas is

7 maniere om jou hare vinniger te laat groei

The post Kan jy glo? Dié haarkleur verander saam met die weer (of jou bui) appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!