Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Nóg ’n aktrise pronk met platinumblonde hare

$
0
0

Die aktrise Mila Kunis is gister op die stel van ’n nuwe fliek met ’n platinum bob gekiek. En sy lyk net so goed met dié ysige skakering as met haar kenmerkende donkerbruin hare.

Vóór

Dit lyk egter asof die nuwe kapsel net ’n pruik is wat sy vir ’n paar tonele in haar nuwe fliek The Spy Who Dumped Me moet dra. Die fliek is ’n komedie en gaan oor twee vriendinne wat betrokke raak in ’n wêreld van spioenasie in Europa. Dit word volgende jaar uitgereik.

Aanhangers van die TV-reeks Outlander kan uitsien na die sexy Skotse akteur Sam Heughan wat teenoor Mila in The Spy Who Dumped Me speel.

Platinum dié kleur vir somer

Platinumblonde hare is beslis dié haarkleur van die seisoen danksy ’n hele rits bekendes wat vanjaar al hul hare die waaghalsige blond gekleur het. Maar wees versigtig, dit is nie ’n haarkleur wat noodwendig by almal pas nie. ’n Meer romerige platinumblond met effense wit en goue skakerings tussenin is daarom ’n goeie alternatief vir blondines dié lente. Dis nuut en jeugdig en pas boonop by die meeste velkleure.

Dié sterre het almal vanjaar al met platinumblond gespog:

Katy Perry

NEW ZEALAND Tickets & VIP packages for both #WITNESSTHETOUR Auckland shows are on sale now link in bio

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Cara Delevingne

Leandie du Randt Bosch

Zoë Kravitz

This is how i sit , casually in a chair.

A post shared by Zoë Kravitz (@zoeisabellakravitz) on

Karlie Kloss

Back in the big

A post shared by Karlie Kloss (@karliekloss) on

Kim Kardashian

@kimkardashian at the TOM FORD Women’s S/S18 Show after party. #TOMFORD #TOMFORDSS18 #NYFW

A post shared by TOM FORD (@tomford) on

Vanessa Hudgens

BLONDE for So you think you can dance!!!!!

A post shared by Vanessa Hudgens (@vanessahudgens) on

Wat dink jy?

 

Bronne: www.instyle.com, www.dailymail.co.uk

Lees nou

Maklike rokerige oë – Victoria Beckham wys jou hoe

Goudbruin lyf binne minute

The post Nóg ’n aktrise pronk met platinumblonde hare appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!