Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Kim Kardashian se nuwe haarkleur!

$
0
0

Kim Kardashian het (weer) platinum hare – en, nee, dis nie ’n pruik nie!

Die 36-jarige realiteitster het gister die koppe laat draai toe sy by die ontwerper Tom Ford se modevertoning tydens die New Yorkse modeweek met ’n splinternuwe silwer haarkleur opgedaag het. Maar die groot verrassing is dat dié nuwe kapsel nie ’n pruik is nie; sy het sowaar haar eie hare platinumblond gekleur.

@kimkardashian Showing us ALL How to kick of NYFW! Looking FIRE #nyfw #blondeambition #chrisappletonhair @makeupbyariel

A post shared by Chris Appleton (@chrisappleton1) on

Ná die onthulling het Kim op haar webblad verduidelik dat sy al ’n ruk lank weer lus was om platinumblond te gaan, berig Refinery29. “En ek is so bly ek het dit gedoen! Ek weet baie mense het aanvanklik gedink ek dra ’n pruik, maar dis my regte hare,” het Kim gesê, volgens Refinery 29.

#NYFW @kimkardashian Obsessed #chrisappletonhair @makeupbyariel

A post shared by Chris Appleton (@chrisappleton1) on

Ons verkies dié staalgrys skakering bo die helder platinumblonde kleur wat Kim in 2015, toe sy die eerste keer ’n drastiese haarkleurverandering gemaak het, gedra het. Danksy die silwer skakerings lyk dié nuwe platinumblond modern en sjiek.

Lanvin show glam- Make Up @robscheppy Hair @Dayaruci

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Is jy ook lus om só ’n haarkleur vir die lente uit te probeer?

Doen dit só:

Tydelik – As jy skrikkerig is om jou hare permanent silwer of staalgrys te kleur, gebruik eers net tuishaarkleursel of ’n kleursjampoe. Die basiskleur van jou hare moet lig wees vir die tydelike haarkleursel om te “vat”. As jou hare donker is sal jy dit eers by ’n salon moet laat bleik. Die kleur was geleidelik uit en behoort sowat 20 wasse te hou.

Permanent – Jy kan jou hare in een sessie permanent staalgrys laat kleur by ’n salon as jy ligte of blonde hare het. Hoe donkerder jou hare, hoe meer sessies (tot 3 salonbesoeke) gaan dit neem omdat jou hare eers geleidelik ligter gebleik moet word voordat die stilis dit kan kleur.

Onthou! Hare wat platinumblond gekleur is, kan geel lyk ná ’n ruk, veral as jy gereeld in die son kom. Gebruik af en toe ’n sjampoe en opknapper wat geelheid (soos ’n silwer of pers sjampoe) teenwerk. Wees ook op die uitkyk vir stileringsprodukte wat jou hare teen UV-strale beskerm.

Probeer dié produkte:

1. Schwarzkopf Professional Blond Me Tone Enhancing Spray Conditioner Cool Blondes (R290). By uitsoeksalonne

2. L’Oréal Paris Préférence Superior Premium Fade-Defying Colour in Very Light Pearl Blonde (R185)

3. Hask Blue Chamomile & Argan Oil Blonde Care Shampoo en Conditioner (R140 elk). By Clicks

Lees nou

Jennifer Aniston se grootste skoonheidsfout

Beklemtoon jou sproete, dis mode!

The post Kim Kardashian se nuwe haarkleur! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!