Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Kry só jeugdige Hollywood-naels

$
0
0

Kikker jou dag op met ’n splinternuwe manikuur. Maar vergeet van verlede seisoen se helder kleure soos neonpienk, oranje, ligblou, groen en geel!

Subtiele, neutrale skakerings vir jou naels is nou ’n groot tendens. Ons is mal oor hoe stylvol en sjiek dit jou laat lyk. En met die regte skakering vir jou velkleur kan dit jou hande gesond en glansryk laat lyk. Boonop kry jy nou vele naelprodukte wat alles van bros en droë naels tot groefies en wit kolletjies behandel terwyl dit sommer ook ’n tikkie kleur gee.

Kies só die beste neutrale kleur vir jou naels

Op die internasionale loopplanke is sagte, deursigtige skakerings vir die lente gewild. Probeer skakerings van ligpienk, perske, wit, beige en sandkleur. Vir bietjie meer glans kan jy blink skakerings in silwer, goud of brons kies.

As jy ’n ligte gelaat het …

… kies perske, beige of deursigtige ligpienk skakerings. Vermy té donker neutrale skakerings.

Ster-inspirasie: Mandy Moore

Dié Hollywood-ster het by Sondag se Emmy-toekennings ’n pragtige, bekostigbare naellak gedra. En jy kan dit ook dra! Sy het Essie se Muchi Muchi op haar naels geverf. Hoe mooi lyk dit nie?

As jy ’n sonbruin gelaat het …

… kies ’n sagte pienk of subtiele metaalskakering in goud of brons. Vermy silwer skakerings.

Ster-inspirasie: Olivia Munn

As jy ’n medium gelaat het …

… kies vuilpienk, pastelpers of metaalskakerings. Vermy vaal kleure.

Ster-inspirasie: Rashida Jones

literally

A post shared by Rashida Jones (@rashidajones) on

As jy ’n donker gelaat het …

… kies vuilpienk, ligbruin, wit of perske skakerings.

Ster-inspirasie: Rihanna

Wenk: Ligte of neutrale skakerings werk perfek as jy kort of klein naels het. Donkerder skakerings sal jou naels nog kleiner laat lyk.

Het jy geweet?

Die Franse manikuur het glo nie sy oorsprong in Frankryk nie, maar in Hollywood! Ene Jeff Pink, skepper van die naelsorgreeks Orly, het glo dié voorkoms – waar die naelpunte wit geverf en die res van die nael met ’n byna deursigtige neutrale of pienk skakering afgerond word – in die 70’s vir Hollywood-aktrises geskep. Hy’t besluit om dit die “Franse manikuur” te noem nadat dit ’n treffer op die Paryse modeloopplanke was, het die internasionale mode-joernaal Women’s Wear Daily in 2013 berig.

Probeer een van dié naelprodukte:

1. Essence Glow & Care Luminous Nail Polish (R40). By Dis-Chem en www.takealot.com

2. Essie Nail Polish in Muchi Muchi (R140)

3. O.P.I Nail Envy Nail Strengthener Color in Samoan Sand (R379). By uitsoeksalonne

4. Orly Breathable Treatment + Color in Happy and Healthy (R169). Besoek www.indiglow.co.za

5. Sally Hansen Hard as Nails Xtreme Wear Nail Color in White On (R70)

Bronne: www.marieclaire.com, www.allure.com, www.totalbeauty.com

Lees nou

Aktrise Emilia Clarke kleur haar hare

Rooswater vir ’n mooi vel

The post Kry só jeugdige Hollywood-naels appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!