Die 30-jarige Britse aktrise Emilia Clarke het in Game of Thrones naam gemaak as die vurige platinumblonde prinses Daenerys Targaryen. Sy is egter van nature ’n donkerkop en dis geen geheim dat sy vir al sewe seisoene van die supergewilde TV-reeks tot dusver ’n pruik gedra het nie.
Nou het Emilia haar aanhangers behoorlik aan die gons nadat sy gister op Instagram ’n foto gedeel het waar sy met haar natuurlike hare in ’n korter én varsgekleurde platinumblonde kapsel pronk. Voorspel dit dalk iets vir haar karakter in die volgende seisoen van Game of Thrones?
Gelukkig weet ons Emilia lyk mooi met dié trendy haarkleur én as ’n brunet. Watter haarkleur verkies jy by haar?
Het jy geweet?
Emilia en haar Game of Thrones-medester Kit Harington was vroeër vanjaar albei die gesigte vir Dolce & Gabbana se parfuumreekse The One en The One for Men. Vir Domenico Dolce en Stefano Gabbana, stigters van die mode- en skoonheidshuis, is Emilia “stralend en lewenslustig” en Kit “sjarmant en charismaties”.
Lees nou
Oefen jy met grimering aan? Lees hiér!
The post Aktrise Emilia Clarke kleur haar hare appeared first on SARIE.