Vir baie is die herinnering aan die aaklige smaak van kasterolie uit ons kinderdae iets wat ons liefs wil vergeet. Maar dis dalk tyd om weer dié botteltjie medisyne uit die kas te haal …
Die werklikheidster Khloé Kardashian het onlangs op haar app onthul dat sy onder meer kasterolie gebruik om haar wenkbroue vinnig en voller te laat uitgroei, berig die Amerikaanse Marie Claire aanlyn.
4 haarstyle wat jou jonger laat lyk
In ’n inskrywing op haar app vertel Khloé dat daar ná ’n mislukte wenkbrou-afspraak byna niks van haar wenkbroue oor was nie. Van haar wenkbrou-haartjies het ook begin uitval weens stres. Nadat haar grimeerkunstenaar haar van die wonders van kasterolie vertel het, het sy begin om daagliks ’n mengsel van dié plantolie en ’n haargroeiserum aan haar wenkbroue te smeer. En volgens Khloé het dit soos ’n bom gewerk om haar wenkbroue weer vol en welig te kry!
As Kim kan, Khanye? Só breek jy die internet
Maar kan dié “medisyne” werklik jou wenkbroue vinniger en weliger laat uitgroei?
Volgens Unaiza Moideen, stigter en eienaar van The Brow Bar-salonne, bevat kasterolie vitamien E, antioksidante en essensiële vetsure soos omega 6 en risinoleïensuur (ook bekend as kasteroliesuur), wat inderdaad haargroei kan bevorder. Buiten die nodige voedingstowwe wat dié bestanddele aan die haarfollikel lewer, stimuleer dit ook bloedsirkulasie op jou vel se oppervlak, wat die tempo waarteen jou hare groei bespoedig. Klapperolie werk net so goed, sê Unaiza. Daarby bevat ’n haargroeiserum ook onder meer kaffeïen en keratien, wat die groeiproses en dikte van jou hare ’n verdere hupstoot gee.
Hoe laat groei ek my wenkbroue vol uit?
Welige wenkbroue wat ’n bietjie meer reguit loop, kan jou jonger laat lyk en komplementeer die meeste vroue. Unaiza stel voor dat jy jou wenkbroue vir sowat drie tot vier maande laat uitgroei deur gereeld saans kasterolie of ’n haargroeiserum aan jou wenkbroue te wend en dit glad nie pluk of waks nie. Besoek dan ’n professionele terapeut om dit mooi te vorm.
Threading, waar die terapeut ’n dun garedraadjie gebruik om fyn haartjies uit te pluk, is veral perfek vir wenkbroue, sê sy. Met dié tegniek kan die terapeut selfs die fynste haartjies meer presies verwyder sonder om die fyn vel onder jou wenkbroue te rek.
Probeer ook dié haargroeiserums
Hi Brow Growth and Conditioning Serum for Brows and Lashes (R600). By The Brow Bar
RapidLash Eyelash & Eyebrow Enhancing Serum (R999). By uitsoeksalonne of besoek www.rapidlash.co.za.
Bronne: www.marieclaire.com, www.theheathsite.com
10 internasionale ontbyte wat jou mond laat water
The post Kan kasterolie jou wenkbroue vinniger laat groei? appeared first on SARIE.