Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Aktrise Courteney Cox spyt oor botoks

$
0
0

Die 52-jarige aktrise Courteney Cox is spyt oor die estetiese behandelings wat sy op haar gesig laat doen het. Só het sy onlangs aan die avonturier Bear Grylls gesê in ’n onderhoud tydens ’n episode van sy werklikheidsreeks Running Wild With Bear Grylls, berig E! News.

@nbcrunningwild returns TONIGHT with guest #CourteneyCox. Tune in at 10/9c on @nbctv! #RunningWild

A photo posted by Bear Grylls (@beargrylls) on

In die episode vertel Courteney dat sy aanvanklik gesukkel het met ouer word, veral omdat daar in Hollywood so baie druk op vroue is om hul jeugdige voorkoms te behou. Sy het veroudering probeer voorspring deur botoks- en vuller-behandelings op haar gesig te gebruik. “Maar dit is nie iets waarmee jy kan byhou nie,” sê sy in die onderhoud. “Soms het ek na ’n foto van myself gekyk en gedink: Ek lyk aaklig!”

Só het Courteney in 2011 gelyk

 

Hoewel sy spyt is oor die behandelings, vertel Courteney sy het baie uit die ervaring geleer. En sy’s bly dat die behandelings iets is wat mettertyd oplos en weggaan. “Nou het ek ’n nuwe slagspreuk: Just let it be.”

Courteney in Julie vanjaar

 

Oornag jonger

Hoewel sowat 23 miljoen mense wêreldwyd in 2013 estetiese behandelings soos vullers gekies het om die jare te help terugdraai, is dit steeds iets waarvoor baie vroue (en mans) skrikkerig is, deels oor die skokbeelde van Hollywood-sterre se onnatuurlike en “oordoende” gesigte wat jy dikwels op TV en die internet sien.

Tog is vullers een van die doeltreffendste en vinnigste maniere om diep plooie te versag, volume in jou gesig te herstel en jou veltekstuur te verbeter. Maar dis ook belangrik om dit nooit te oordoen nie.

Vroue laat spuit soms meer vuller in as wat nodig is, het dr. Kuldeep Minocha, ’n estetiese dokter van Engeland, by ’n geleentheid in Berlyn aan SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, verduidelik. Dit is jou dokter se verantwoordelikheid om nee te se as jy vra vir te veel, sê hy.

Wat dink jý?

 

Bronne: www.eonline.com, www.nymag.com

Lees nou

Dié 5 kleure laat donkerkoppe fantasties lyk

Dié bekende sanger gaan nooit weer grimering dra nie!

The post Aktrise Courteney Cox spyt oor botoks appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!