Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet

$
0
0

Jy is nie alleen nie – so nege uit tien vroue het ’n lemoenskil-voorkoms op dele van hul lyf. Die goeie nuus is daar ís raad en oplossings. Dié sewe dinge moet jy weet …

#1 Selluliet ontstaan wanneer vet onder jou vel saampak en teen jou vel druk

Dit veroorsaak dan ’n lemoenskil-voorkoms, sê dr. Maureen Allem, algemene praktisyn by die velsorgkliniek Skin Renewal.

#2 Selluliet word in grade opgedeel

Volgens ’n artikel wat in die internasionale tydskrif Scientific American verskyn het, word selluliet in die volgende grade opgedeel:

Graad 0 – Jy het geen sigbare selluliet nie en jou vel lyk glad.

Graad 1 – Jy kan net selluliet sien wanneer jy jou vel knyp.

Graad 2 – Jy kan selluliet op jou bene sien wanneer jy staan, maar dis nie sigbaar wanneer jy lê nie.

Graad 3 – Selluliet is duidelik sigbaar wanneer jy staan én lê. Dis baie moeilik om die voorkoms van graad 3-selluliet te verbeter.

Onthou! Selluliet word erger oor tyd. Dis daarom beter om dit so vroeg as moontlik te behandel.

#3 Sowat 90% van vroue het selluliet, teenoor 10% van mans

Dít volgens die artikel in Scientific American. Dis omdat vroue meer lae vet om hul heupe, boude en dye het – die dele waar selluliet meestal voorkom. Die buitenste deel van mans se vel is ook dikker wat beteken dat die lemoenskil-voorkoms beter weggesteek word.

#4 Die oorsake van selluliet word nog nie heeltemal verstaan nie

Dit wil lyk asof die volgende faktore ’n rol speel:

Genetika – Jou genetika kan ’n invloed hê op jou metabolisme, die verspreiding van vet onder jou vel en die doeltreffendheid van jou bloedsirkulasie. Dit het alles ’n invloed op hoe glad jou vel is. Omdat genetika ’n rol speel, kan maer vroue ook met selluliet sukkel.

Dieet – Vroue wat ongesond eet, het gewoonlik meer selluliet. Te veel ongesonde vette, verfynde koolhidrate, sout of te min vesel kan alles selluliet vererger.

Leefstyl – Selluliet is meer algemeen in vroue wat rook, nie oefen nie en vir lang tye van die dag sit.

Hormone – Estrogeen neem af soos ons ouer word en dit veroorsaak swakker sirkulasie, wat die voorkoms van selluliet kan vererger.

Glo dit of nie … jou onderklere kan ’n rol speel! Onderklere wat te styf sit, beperk jou bloedsirkulasie en kan bydra tot die vorming van selluliet.

#5 Oefening en massering kan help

Omdat swak bloed en limfsirkulasie selluliet vererger, kan oefening en massering, wat albei sirkulasie aanwakker, help, volgens ’n artikel wat in die Amerikaanse tydskrif Life Extension verskyn het.

#6 Jy kan selluliet ook behandel met produkte wat spesiaal hiervoor ontwikkel is …

… hoewel dit net jou vel tydelik gladder laat lyk en nie noodwendig selluliet verbeter of verwyder nie. Masseer die produk in ’n opwaartse rigting om sirkulasie aan te help en om jou limfstelsel te stimuleer om afvalstowwe te dreineer.

#7 Hoewel dit onmoontlik is om heeltemal van die lemoenskil-voorkoms ontslae te raak …

… kan jy die voorkoms daarvan verminder deur ’n holistiese benadering te volg. ’n Kombinasie van gespesialiseerde salonbehandelings, ’n gesonde dieet en gereelde oefening is onder meer nodig.

*Dié artikel het oorspronklik in SARIE se Julie 2014-uitgawe verskyn.

Lees nou

Vir stralende vel: Amalia se lenteslaai

Pas op vir dié 5 foute wanneer jy skeer

The post Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!