Ons hare is ’n emosionele saak; die kroon wat sê wie ons is. Nadia Valvekens, bekend vir haar rol in die sepie Binnelanders, deel haar beste wenke – en grootste foute!
10 kosmetiese trends op VIA se Sieners
Wat is jou haartipe?
Ek het fyn hare, maar báie daarvan. Ek is gelukkig, want ek kan dit lank of kort dra. Dit moet net uitgedun word, andersins is dit te swaar en lyk dit “pap”.
Wat is jou grootste haar-uitdaging?
Omdat my hare byna elke dag [op die stel van die sepie Binnelanders] uitgeblaas word en daar soms ook ligstrepies ingesit word, is dit met tye droog. Ek gebruik ’n ligte haarolie om te help vir die droogheid.
Ek &Cindy backstage by die Bravo fees Mosselbaai.Moet nie die laaste aand mis nie.#bravofees @Bravofees @Cindyswaan pic.twitter.com/32m46Q9TTa
— Nadia Valvekens (@NadiaValvekens) December 22, 2015
Hoe hou jy jou hare gesond?
Oor naweke doen ek niks met my hare nie omdat dit gedurende die week so baie by die werk gestileer word. Ek los dit om self droog te word en sal byvoorbeeld net ’n haarband insit. Ek oefen gereeld in die gimnasium en gaan sit soms in die stoomkamer. Om een of ander rede is die stoom goed vir my hare. Dit voel of my hare asemhaal en dit is baie sag daarna.
Jou beste haarwenk? Die produkte wat jy gebruik, is baie belangrik. ’n Hittebeskermingserum word in my hare gevryf voordat dit uitgeblaas word en ’n waks word ná die tyd aangewend om tekstuur te gee.
Hoe voel jy oor kort(er) haarsnitte?
Ek was op my senuwees om my hare destyds in ’n pixiestyl te sny. Ek het gedink wat as dit nie by my pas nie? Kort hare laat jou so ontbloot voel. Maar ek was mal daaroor. Dit is nie nodig om bang te wees om jou hare korter te sny nie. Onthou, hare groei weer!
Is daar iets wat jy nooit weer aan jou hare sal doen nie?
Ek het my hare eenkeer donker gekleur met ’n kleur-mousse. Toe dit begin uitwas, was dit pienk. Dit het seker ses maande daarna nog ’n pienk skynsel gehad!
Did my colour and treated my hair to a morrocanoil treatment. Love this product! @MorrocanOil pic.twitter.com/wCJqdpLa6y — Nadia Valvekens (@NadiaValvekens) September 25, 2015
Nadia se gunsteling-haarproduk?
*Voed jou hare met Moroccanoil Treatment Light For Fine Or Light-Colored Hair (R470). Jy kan dit op klam of droë hare gebruik. By uitsoeksalonne
*Probeer ook L’Oréal Elvive Fibrology Thickening Shampoo (R50 vir 250 ml) en Conditioner (R50 vir 200 ml) met bestanddele wat jou hare uitpof sodat dit dikker lyk
Het jy geweet?
Daar is ’n verskil tussen fyn hare en dun of yl hare. Fyn hare verwys na jou haartipe: Die omtrek van elke haar is dunner as die omtrek van ’n haar van iemand met ’n growwe haartipe. Wanneer jy dun of yl hare het, beteken dit jy het min hare op jou kop. Jy kan dus steeds ’n welige bos hare hê, al is die tekstuur daarvan fyn.
Van kort na lank – dié bekendes wys jou hoe om fyner hare in enige lengte oemf te gee
Anne Hathaway
Rashida Jones
Kate Hudson
The post Aktrise Nadia Valvekens deel haarwenke vir fyn hare appeared first on SARIE.