Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

4 maniere om jou parfuum te rek

$
0
0

Wanneer die ekonomie knyp, is ’n nuwe parfuum beslis nie die eerste produk op jou inkopielysie nie. Hiér’s ’n plan: belê in jou gunsteling-geur en gebruik dan dié slim truuks en wenke om jou parfuum te rek en steeds heerlik te ruik.

#1 Deel ’n geur met hom

Met uniseks-geure wat deesdae so ’n groot tendens is, hoekom nie ’n parfuum met jou maat deel en sommer ook geld spaar nie? “Dié tendens het eintlik al in die 90’s begin met die bekendstelling van die parfuum CK One,” sê Max Priebatsch, handelsmerkbestuurder van die skoonheidshuis P&G Prestige se parfuumafdeling. “Tóé was dit ’n nuutjie vir mans en vroue om ’n parfuum te deel en almal het daaroor gepraat. Sedertdien het baie handelsmerke die roete gevolg.” Oor die algemeen word parfuums in vier groot afdelings ingedeel: blom-, Oosterse, houtagtige of vars geure, verduidelik Max. “Dít geld vir mans- en vroueparfuums. Met ’n uniseks-geur word ’n middeweg gevind tussen ’n definitiewe mans- óf vrouereuk om sodoende iets te skep waarby albei geslagte aanklank vind.”

Wenk: Max se raad om een parfuum vir jul albei te vind is om saam na ’n parfuumtoonbank te gaan, ’n paar te toets en een te koop waarvan julle al twee hou. En moenie bekommerd wees nie, julle gaan nie dieselfde ruik nie. “Dieselfde geur is geneig om effens anders op verskillende mense te ruik.” Die chemiese samestelling van ons vel verskil en dít beïnvloed hoe ’n parfuum op jou vel ruik.

# 2 Bêre parfuum in ’n koel, donker plek

As jy wil hê jou parfuum moet langer hou, bêre dit in ’n koel, donker plek. Lig bederf die parfuum, veral direkte sonlig. Moet dit ook nie op ’n plek hou waar die temperatuur gereeld skommel, soos in jou badkamer of kar, nie. Die wisseling in temperatuur vernietig die molekulêre struktuur van die parfuum en beïnvloed die geur, volgens die webwerf www.perfume.org.

# 3 Bevog eers jou lyf …

’n Slim manier om die geur langer op jou vel te laat hou? Bevog eers jou lyf voordat jy jou parfuum aanspuit, verkieslik met ’n vogroom wat soortgelyk aan jou parfuum ruik. Parfuum verdamp makliker as jy dit op ’n droë vel spuit.

#4 Belê in ’n parfuum-olie

Om parfuum laag op laag aan te wend (layering) vir ’n intenser geur word plaaslik al hoe gewilder en is op die lange duur goeie waarde vir geld. Jy kan bv. ’n parfuum-olie aantik voordat jy ’n ander parfuum gebruik sodat jy heeldag met geur omhul word. Die intenser geur help dat jy minder van die parfuum op ’n keer gebruik.

Hiérvoor is Giorgio Armani se spesiale olie-weergawe van die gewilde Sì-parfuum, Giorgio Armani Sì Huile de Parfum (R1 395 vir 30 ml), perfek. Gebruik dit saam met die splinternuwe Giorgio Armani Sì Le Parfum (R1 905 vir 40 ml), wat buiten roos, vanielje en swartbessie nou ook sensuele amber bevat.

Si Infographc

Si Infographic2

 

Probeer ook dié nuwe geure:

Gucci Bamboo (R1 705 vir 75 ml EDT)

Die nuwe ligter weergawe is ’n vars blomgeur met lelie, ilang-ilang, lemoenbloeisel en sandelhout.

Lanvin Paris Éclat de Fleurs (R1 295 vir 100 ml EDP)

’n Vars geur met note soos peer, freesia en jasmyn. By Dis-Chem

James Bond 007 For Women II (R745 vir 75 ml EDP)

’n Vroulike geur met pienk peper, framboos, swartbessie en leer.

Carolina Herrera Confidential Nightfall Patchouli (R3 350 vir 100 ml EDP)

Note soos kaneel en patsjoelie in die uniseks-geur is ideaal vir dié wat van ryker geure hou. By Stuttafords in Eastgate, Johannesburg

Giorgio Armani Armani Privé Rose D’Arabie (R3 520 vir 100 ml EDP)

Roosliefhebbers sal mal wees oor dié Oosterse roosgeur. Boonop spog die parfuum met fyn blink deeltjies. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Stuttafords in Eastgate en Sandton City, Johannesburg

 

Lees nou

Leah se 5 skoonheidsgeheime

Aknee dalk die rede vir ’n jonger vel

The post 4 maniere om jou parfuum te rek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!