Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Mooiste goue oë: Kry dit só stap vir stap

$
0
0

Ons is mal daaroor om nuwe skoonheidstrends te ontdek – veral dié wat almal kan dra en wat onmiddellik jou voorkoms omtower. Een so ’n grimeertendens sien ons nou oral op die rooi tapyt … Dis tyd om te skitter met goud op jou oë!

Goue ooggrimering helder jou oë op en weerkaats op só ’n manier dat dit jou onmiddellik stralend, glansryk en selfs jonger laat lyk. Speel met verskillende variasies van die kleur, soos brons-, koper- of roosgoud. Kombineer jou goue oë met ’n stralende gelaat en ’n sagte nude of pienk lipglans vir ’n feestelike voorkoms.

Skep só ’n basiese voorkoms met goud:

(Hou jou muispunt oor die kolletjies om uit te vind hoe om dié grimeervoorkoms te kry.)

FOTO: Instagram (@esteelauder)

Dié bekendes se vergulde oë inspireer ons

Emma Roberts

Wend ’n subtiele lyntjie goud ook onder jou oë aan sodat dit dadelik die aandag trek.

 

Kim Kardashian

Die werklikheidster het koper op haar oogbanke en goud op haar ooglede gebruik. Die goud in die binnehoeke van haar oë laat dit dadelik groter lyk.

 

Margot Robbie

’n Fyn goue lyntjie teenaan jou boonste wimperlyn is subtiel en sexy. Jy kan selfs ’n klein bietjie goue oogskadu oor jou wenkbroue vee vir ekstra glans.

 

Cara Delevingne

Skep ’n smeulende rokerige voorkoms vir jou oë deur ’n donkerder goue skakering oor jou hele oog te gebruik.

 

Lucy Hale

Roosgoue skakerings met ’n pienk of rooi ondertoon lyk veral mooi by groen oë.

 

Probeer dié produkte

Bourjois Little Round Pot Intense Eyeshadow in 01 (R126)

By Clicks

Estée Lauder Pure Color Envy Defining Eye Shadow in Brash Bronze (R385)

Maybelline Diamond Glow Eye Studio in Coffee Drama (R140)

Bobbi Brown Long-wear Cream Shadow Stick in Golden Pink (R460)

Urban Decay 24/7 Glide-On Eye Pencil in Goldmine (R215)

By Urban Decay in Sandton City, Johannesburg

 

Bronne: www.refinery29.com

Lees nou

Velskade: Son en besoedeling dalk ewe erg

4 slim maniere om jou parfuum te rek

The post Mooiste goue oë: Kry dit só stap vir stap appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!