Die meeste van ons droom van voller wenkbroue. Hoewel welige wenkbroue moontlik is met slim behandelings en interessante produkte, het ons nou dalk die maklikste manier nóg ontdek …
In ’n nuwe viral video onthul ’n skoonheidsblogger hoe jy net ’n koekie seep nodig het om binne sekondes jou wenkbroue woema te gee. En nadat die video deur een van Hollywood se voorste wenkbrou-kenners, Anastasia Soare (bekendes soos die Kardashians/Jenners, Jennifer Lopez en Cindy Crawford besoek haar gereeld), op Instagram gedeel is, het dit behoorlik die skoonheidswêreld aan die gons, berig The Daily Mail aanlyn. Dit het selfs ’n eie Instagram-hutsmerk: #soapbrows.
In die video gebruik ’n skoonheidsblogger ’n koekie seep om haar wenkbroue groter en voller te laat lyk. Sy vee ’n wenkbrouborsel oor die koekie seep totdat dit heeltemal met seep bedek is, waarna sy een van haar wenkbroue skuins en opwaarts kam met die borsel. Daarna kleur sy die wenkbrou met ’n wenkbroupotlood in.
Kyk hiér na die video wat Anastasia gedeel het:
Soap Brows @__shellbyyyy Using #BrowDefiner in Dark Brown #anastasiabrows #anastasiabeverlyhills
A video posted by Anastasia Beverly Hills (@anastasiabeverlyhills) on
Soos die video gewilder word, beproef al hoe meer aanhangers sélf die skoonheidstruuk. Dit werk glo soos ’n bom omdat die wasagtige tekstuur van die seep die wenkbrouhaartjies volume gee vir voller wenkbroue wat natuurlik lyk. Grimeerkenners beklemtoon gereeld hoe belangrik dit is om nie jou wenkbroue af te skeep wanneer jy grimeer nie. Dit raam jou gesig en rond jou voorkoms af.
Buiten ’n koekie seep, kan jy ook dié produkte gebruik om volume aan jou wenkbroue te gee:
Bronne: www.dailymail.co.uk
Lees nou
Sorg só vir letsels en littekens
The post Voller wenkbroue met ’n koekie seep? appeared first on SARIE.