Tot siens, man bun, hallo man perm! Dis nie net vroue wat deesdae weer hul hare met dié behandeling laat krul nie … mans doen dit ook. En die inspirasie vir dié tendens is niemand anders nie as die gewilde TV-reeks Game of Thrones se geliefde krulkop-karakter Jon Snow, gespeel deur Kit Harington.
Keer die perm werklik terug? Lees hiér meer!
Die internet wemel van menings oor dié (moontlike) nuwe trend omdat al hoe meer mans in Engeland en die VSA by hul haarkapper en barbier aanklop vir ’n perm. Ja, selfs in Johannesburg het ’n paar mans al vir die behandeling begin vra.
Die Britse barbierswinkel R&G Barbershop adverteer graag dat hulle perms vir mans doen en deel gereeld foto’s van hul kliënte se nuwe haardos op Instagram.
PERM @rgbarbers #barber #barberuk #barbergang #barberlife #barberlove #mensperm #menshair #menshaircut #menshairstyles #barbershop #instadaily #instagood #cutoftheday #exeter #crediton A video posted by R&G BARBERSHOP (@rgbarbers) on
Jou superproduk teen veroudering? Retinol! – lees meer
Gelukkig hoef ons nie weer die klein, stywe krulle wat mans in die 70’s en 80’s (of vroeë 2000’s) gedra het te beleef nie. Die moderne man perm het eerder groter krulle wat sagter en effens deurmekaar lyk. Dis perfek om tekstuur en beweging aan mans se kort haarsnitte te gee en maak dit ook makliker om hare te stileer, berig USAtoday.com.
Ons kla nie, want saam met die regte haarsnit lyk dié krulle alte sexy.
A photo posted by Eva Lill (@evalillfrisor) on
Het jy geweet?
Die woord “perm” kom van “permanent wave”. ’n Chemiese formule word gebruik om jou haarstruktuur meer buigbaar te maak. Dan word jou hare in stywe krulle gedraai en met hitte geset. Dié krullerigheid kan tot drie maande hou.
Wie onthou nog dié destydse perm-haarstyle vir mans?
Justin Timberlake in 2000
Tom Hanks in 1980
Wat dink jý van die perm vir mans as nuwe tendens?
Bronne: www.usatoday.com, www.bustle.com, www.mashable.com, www.telegraph.co.uk
Lees nou
Die 6 stories waaroor almal nou praat
The post Die perm is terug – vir máns! appeared first on SARIE.