Die mode- en skoonheidswêreld kan op die oomblik nie genoeg van die 90’s kry nie! Talle trends uit dié dekade word nou weer hoogmode … Chokers, donker lipstiffie, blou oogskadu en nou ook dié ikoniese kort en stomp haarkuifsnit, die sogenaamde baby bang, wat net die boonste helfte van jou voorkop bedek.
Keer die man perm óók terug? Lees meer!
In die 1990’s het veral die aktrise Winona Ryder en sanger Gwen Stefani dié gewaagde kuif gewild gemaak. Sedertdien het enkele bekendes deur die jare, soos Marion Cotillard, Kelly Osbourne en Beyoncé, ook ’n soortgelyke kort kuif probeer.
Winona Ryder in 1999
Gwen Stefani in 1996
Nou wil dit lyk asof baby bangs ’n herlewing toon. Vroeër vanjaar by die modevertonings van ontwerpers soos Roberto Cavalli, Alexander Wang en Bottega Veneta het modelle met dié kuif gepronk. Boonop het die aktrise Michelle Williams onlangs op die rooi tapyt verskyn met ’n kort bob en baby bang.
Alexander Wang
Bottega Veneta
Michelle Williams
Maar dié kuifsnit is nie vir almal geskik nie en moeilik om te stileer en te onderhou. Hiér is wenke …
’n Stomp, kort kuif beklemtoon jou gesigvorm en lyk daarom beter by ’n lang of ovaalvormige gesig. Vermy dit eerder as jy ’n ronde, vierkantige of hartvormige gesigvorm het. Dit sal net meer aandag na jou voorkop trek en dit breër laat lyk. Die snit laat ook jou wenkbroue uitstaan, so sorg dat dit mooi gevorm is en vol lyk.
As jy wel besluit om die baby bang te probeer, moet jy dit daagliks stileer. Begin deur ’n haarserum wat glans gee aan jou kuif te wend net nadat jy jou hare gewas en afgedroog het. Blaas dan jou kuif droog terwyl jy met jou haarborsel jou kuif afwaarts teen jou voorkop kam. As dit nodig is, kan jy daarna ook ’n haaryster gebruik om jou kuif glad te stryk.
Beyoncé
Marion Cotillard
Bronne: www.byrdie.co.uk, www.loxabeauty.com, www.dailylife.com.au
Lees nou
The post 90’s-nostalgie: Onthou jy dié kuif? appeared first on SARIE.