Jy is wat jy eet en jou leefstyl het ’n groot invloed op jou vel, maar kan ’n daaglikse porsie salm ’n veluitslag laat verdwyn? Dit lyk asof die Britse modeontwerper Victoria Beckham so dink! Dít, en goeie velsorg.
Die 42-jarige voormalige Spice Girl het onlangs in ’n onderhoud met die Britse tydskrif Porter onthul dat sy elke dag ’n porsie salm eet om haar glansende en gesonde vel sonder ’n veluitslag te hou. Sy vertel in die onderhoud dat dat sy voorheen met ’n probleemvel gesukkel het. Haar dermatoloog in Los Angeles, dr. Harold Lancer, beveel toe aan dat sy ’n porsie salm deel van haar daaglikse dieet maak, berig Net-a-Porter aanlyn.
Tog is salm nie haar enigste geheim nie.
“Ek dink jy besef eers as jy ouer is hoe belangrik ’n gesonde leefstyl is. Jy besef hoe noodsaaklik dit is om sonskerm te dra, baie water te drink, jou vel te reinig, verfris en bevog, vitamiene in te neem en om seker te maak jy eet die regte kos. Ek eet baie gesonde vette wat in avokado, neute, sade en salm voorkom,” het sy aan Porter gese.
Kos ryk aan gesonde vette, soos salm en sardiens, neute en sade en avokado’s is ryk aan omega 3-vetsure wat inflammasie en aknee beveg. Dit hou ook jou vel soepel en sag.
A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on
Dr. Hardie de Beer, ’n dermatoloog van Pretoria, stem saam dat ’n gesonde dieet bydra tot die algemene gesondheid van jou liggaam en vel. Maar om ’n daaglikse porsie salm te eet, nes Victoria, kan vir sommiges oordadig en onbekostigbaar wees. Buiten ’n gesonde dieet is gereelde afskilfering, ’n daaglikse sonskerm en ’n goeie velsorgroetine wat jou velsorgkwessies aanspreek nodig vir ’n gesonde, jeugdige vel, meen hy.
Eet dié superkosse vir jou vel:
Bronne: www.net-a-porter.com, www.allure.com
Lees nou
Voller wenkbroue met ’n koekie seep?
Bertus Basson se diere kry eie restaurant
The post Victoria Beckham se verrassende velsorggeheim appeared first on SARIE.