Treffende oogomlyner bly van die beste maniere om jou grimeervoorkoms op te kikker. ’n Nuwe oogomlyner-tendens, eyeliner stacking, steek nou al hoe meer kop uit, berig die Amerikaanse Glamour aanlyn. Jy wend eers ’n lyntjie swart omlyner aan en daarna ’n tweede helderkleurige lyntjie net bokant die eerste een. Dit sorg vir ’n minimalistiese dog sterk voorkoms – dis nie eens nodig om enige ander grimering aan te wend nie!
Ons is mal oor dié twee kleure oogomlyner van aktrise January Jones en gaan dit beslis die somer uitprobeer.
Skep dit só in net drie stappe:
Stap 1: Wend met jou vinger ’n oogskadu-basislaag op jou ooglede aan om enige rooiheid of blou en pers skynsels te neutraliseer. ’n Neutrale skakering op jou ooglid help dat die oogomlyner meer uitstaan.
Stap 2: Gebruik ’n swart vloeibare of jel-oogomlyner en trek ’n netjiese lyntjie met ’n klein “vlerkie” teenaan jou boonste wimperlyn.
Stap 3: Sodra die swart oogomlyner droog is, gebruik dan ’n vloeibare oogomlyner in ’n helder skakering en trek ’n tweede lyntjie al langs die bokant van die swart lyntjie.
WENK: As jy ’n fout gemaak het, doop ná die tyd ’n dun oogomlynerborsel in olievrye grimeerverwyderaar en vee met die borsel liggies al langs die lyntjie om enige foutjies uit te vee.
Probeer dié kleurkombinasies:
Swart-en-wit soos Gigi Hadid
Swart-en-rooi soos Rita Ora
Swart-en-goud
Swart-en-koper
How gorgeous is the eye look @maryamnyc created for our #pushupangel shoot in the Hamptons last month? To get the look she used lasting drama gel pencils in (from top to bottom): ‘silken turquoise’, ‘striking copper’, ‘sleek onyx’ and ‘polished amethyst’. She finished the look with winged lashes using the NEW #pushupangel mascara! @alexandra_gavillet A photo posted by Maybelline New York (@maybelline) on
Swart-en-helderpienk
Swart-en-pers
A photo posted by NYX Professional Makeup (@nyxcosmetics) on
Probeer dié produkte:
Bronne: www.glamour.com
Lees nou
Dís hoekom vroue hulle hare sny ná ’n breakup
The post Nuwe trend: Treffende oë met 2 kleure omlyner appeared first on SARIE.