Talentvol, beeldskoon en plat op die aarde. En dalk ons volgende Charlize? Christia Visser is een van ons blinkste en inspirerendste jong aktrises. Die SARIE-skoonheidspan het vinnig met Christia gesels en haar uitgevra oor haar gesondwees- en mooilyk-gewoontes. Hiér is ses van haar top-wenke.
My gesondwees-filosofie …
Ek glo 100% in balans. Jy moet die lewe steeds kan geniet. Alles in matigheid.
Oefeninge vyf dae ’n week? Ja, asb …
As ek oefen, het ek meer energie en is ek gelukkiger. Dít motiveer my om vyf dae ’n week te oefen. Dit hoef nie eens lank te wees nie. As ek min tyd het, spring ek net vir 10 minute tou. Dis hoëintensiteit-kardio-oefening vir jou hele liggaam.
Ek ♥ sjokolade …
Ek is baie lief vir sjokolade en glo nie dit maak vet nie! Ek eet meestal donkersjokolade, maar sal nie ’n hele slab/blok op een slag eet nie. Ek eet elke dag net ’n bietjie om my lus te blus. Ek glo in “have it, but halve it”: as jy lus is vir iets, eet dit, maar net ’n gedeelte daarvan.
“why fit in when you were born to stand out?” photo by: @hanrihuman ; MUA: @plushfeather #Photoshoot #ocean #Water #Rocks #Pink #Sunset #Golden #woman #Girl #Brunette #flowydress #Actress #ChristiaVisser #CapeTown #SouthAfrica #Nature #NaturalBeauty #Beautiful #hanrihumanphotography #Glow #instagood #instadaily A photo posted by Christia Visser (@christia_v) on
Ek borsel baie min my hare …
Veral nie as dit nat is nie. Ek glo dit breek my hare. Nadat ek my hare gewas het, spuit ek inbly-opknapper aan en trek net my vingers ’n paar keer saggies deur my hare om van die ergste koekerigheid ontslae te raak.
Ek maak my eie gesigmasker …
Ek hou daarvan om een keer ’n week ’n gesigmasker te gebruik. Partykeer maak ek sommer my eie een. Ek meng heuning, kaneel, koeksoda en suurlemoensap saam en wend dit oor my hele gesig aan. Dit voed en kalmeer my vel ná ’n besige week.
A photo posted by Christia Visser (@christia_v) on
Die belangrikste skoonheidsraad wat ek kan gee …
Kry genoeg slaap, drink genoeg water, dra altyd sonskerm en laat jou vel rus. As jy ’n dag nêrens heen gaan nie, loop ’n bietjie sonder grimering. Dan kan jou vel asem haal.
Lees nou
Treffende oë met 2 kleure omlyner!
Wil jy vals wimpers probeer? Hier’s wat jy moet weet
The post Christia Visser: My top-skoonheidswenke appeared first on SARIE.