Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Kendall Jenner se resep teen aknee: Eierwit en suurlemoensap

$
0
0

Ons is altyd nuuskierig om meer oor bekendes se staatmaker-velsorggewoontes en -geheime te leer. Net twee weke gelede het Victoria Beckham vertel dat sy glo ’n daaglikse porsie salm laat haar vel straal. Nou het die supermodel en werklikheidster Kendall Jenner onthul dat haar gladde veltekstuur en byna onsigbare porieë onder meer aan ’n eenvoudige DIY-masker toegeskryf word, berig Refinery29 aanlyn.

Die 20-jarige het verlede week op haar webtuiste haar DIY-maskerresep vir ’n gladde en akneevrye vel gedeel. Sy meng eierwit en suurlemoensap en wend dit op haar vel aan. Dit skilfer glo haar vel liggies af en help om die pH te balanseer sodat die porieë kleiner lyk en haar veltekstuur glad is. Kendall het voorheen al erken dat sy in haar tienerjare baie gesukkel het met aknee en verstopte porieë. Sy glo dié masker voorkom ’n probleemvel omdat dit haar veloppervlak skoon hou en keer dat onsuiwerhede in haar porieë gaan lê.

selfies with fans A photo posted by Kendall (@kendalljenner) on

Maar wat sê ’n velsorgkenner van dié masker?

Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg, sê jy moet altyd versigtig wees om kombuisbestanddele op jou vel te gebruik. “Hoewel die suur in die suurlemoensap wel dooie selletjies op jou vel se oppervlak kan oplos, irriteer dit meer jou vel.” Dit droog jou veloppervlak uit en stroop dit van sy natuurlike olie. Dít kan weer lei tot ’n oorproduksie van olie. “Die molekules van die meeste kombuisbestanddele is ook nie klein genoeg om jou vel doeltreffend te penetreer nie en is dan geneig om net jou veloppervlak te irriteer,” sê sy.

As jy die voorkoms van jou porieë wil verklein en keer dat dit gereeld verstop word, stel Sonette voor jy kyk uit vir ’n gesigmasker wat klei en salisielsuur (salicylic acid/BHA) bevat. Klei trek onsuiwerhede uit, terwyl salisielsuur binne-in jou porieë afskilfer om te verseker dat oortollige olie en dooie selletjies jou porieë nie verstop en dit groter laat lyk nie.

Probeer dié produkte:

Garnier Pure Active 3 in 1 Wash Scrub Mask (R90)

Salisielsuur in dié gesigwas, skrop en masker in een hou jou porieë skoon.

Estée Lauder NightWear Plus 3-Minute Detox Mask (R595)

Dié kleimasker, wat jy vir drie minute aanwend, trek enige onsuiwerhede uit jou vel uit.

Kiehl’s Rare Earth Pore Minimizing Lotion (R535)

Wend dié ligte formule oor jou hele gesig aan nadat jy jou vel gereinig en afgeskilfer het.

Neutrogena Visibly Clear 2-in-1 Wash Mask (R100)

Dié gesigwas en masker help onder meer om jou vel se natuurlike vernuwingsproses te stimuleer sodat jou porieë kleiner lyk.

Dermaceutic Mask 15 Oil Reducing Mask (R880)

Die masker bevat salisielsuur en glikoliese suur om vel te reinig én te bevog. By uitsoek- estetiese klinieke

Clinique Pore Refining Solutions Instant Perfector in Invisible Bright (R270)

Porieë lyk kleiner en jou vel het ’n gesonde gloed danksy dié basislaag.

 

Bykomende bronne: www.refinery29.com, www.marieclaire.co.uk

Lees nou

Bang vir haarverlies? Verhoed dit só

Christia Visser se top-skoonheidswenke

The post Kendall Jenner se resep teen aknee: Eierwit en suurlemoensap appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!