Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

VIDEO: Pasop vir dié 7 haarwasfoute

$
0
0

Ons almal begeer gesonde, glansende lokke! Maar soms voel dit asof jou haarsorgroetine net nie wil wérk nie. Jou hare lyk alewig plat en leweloos, dit word vinnig olierig óf jy sukkel om jou woeste krullerige (frizzy) hare te tem. Is jy dalk skuldig aan een van dié haarwasfoute?

’n Paar veranderinge aan jou haarwasroetine is dalk net die oplossing …

 

Dís wat jou haarwasfoute aan jou hare doen …

#1 Jy gebruik te veel sjampoe en opknapper

Ons gebruik dikwels te veel van ’n haarproduk op ’n keer. Wees ekonomies en laat jou sjampoe en opknapper langer hou deur een eetlepel sjampoe te gebruik en ’n maksimum van twee eetlepels opknapper as jou hare baie lank is, en minder vir korter, fyn hare.

#2 Jy mors sjampoe deur dit aan ál jou hare te wend

Jy hoef sjampoe net by jou haarwortels en kopvel aan te wend. Dis waar natuurlike olies opbou. As jy sjampoe op jou haarpunte aanwend, droog dit dikwels die punte net nog meer uit.

#3 Jy wend opknapper ook aan ál jou hare

Jy hoef ook nie opknapper by jou haarwortels te gebruik nie, veral nie as jou hare maklik olierig word nie. Gebruik dit net op die onderste deel van jou hare wat droër is.

#4 Jy spoel jou hare nie goed genoeg af nadat jy opknapper aangewend het nie

Dit kan veroorsaak dat jou hare plat, leweloos en selfs olierig lyk, veral as jy ’n fyn en/of reguit haartekstuur het. Dit maak al klaar ’n groot verskil as jy die regte haarprodukte wat vir jou haartipe geformuleer is, gebruik.

#5 Jy was jou hare te veel

Jou hare se natuurlike olies kry dan nie kans om jou haarlengtes te voed nie. As jou kopvel gereeld van sy natuurlike olies gestroop word, kompenseer jou vel deur al hoe meer olie te vervaardig. Dít kan lei tot ’n oorproduksie olie. Gebruik ’n droë sjampoe tussen wasdae om jou hare vars te hou.

#6 Of jy was jou hare te min en maak te veel staat op droë sjampoe

Moenie ’n droë sjampoe meer as twee dae ná mekaar gebruik sonder om jou hare te was nie. Onsuiwerhede en die droë sjampoe se bestanddele kan metteryd opbou en jou kopvel begin uitdroog, irriteer of selfs binne-in die haarfollikels gaan lê en lei tot droë vlokkies of ’n uitslag op jou kopvel.

#7 Jy vryf jou nat hare verkeerd droog met jou handdoek

Wanneer jy jou hare, nadat jy dit gewas het, rofweg met ’n handdoek droogvryf, gaan lê die haarkutikels (die buitenste deel van jou hare wat soos skubbe oormekaar lê) grof en oneweredig. Dit beskadig ook jou hare en laat dit koek. Druk eerder met die handdoek die water uit jou hare uit, sonder om jou kop onderstebo te gooi. Haarkutikels wat glad oormekaar lê, blink meer omdat dit lig reflekteer.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Bykomende bronne: www.glamour.com, www.goodhousekeeping.com

Lees nou

Kyk dié bekendes se Halloween-kostuums

Dié supermodel gebruik eierwit en suurlemoensap vir aknee

The post VIDEO: Pasop vir dié 7 haarwasfoute appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!