Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Die één haarstyl wat by álmal pas

$
0
0

Ons gunsteling-supermodel en realiteitster Kendall Jenner het die afgelope naweek die internet aan die gons nadat sy ’n foto op Snapchat gedeel het waar sy met ’n baie korter haarsnit pronk. Is dit net ’n pruik? Of het sy (ook) haar kenmerkende lang hare vir ’n skouerlengte bob verruil?

@kendalljenner via sna #kendalljenner #kendalljennersnapchat

A photo posted by Kendall Jenner Snapchat (@kendalljenner.snap) on

Een ding weet ons wel: Die lang bob (of lob) is tans dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes … en dit lyk asof die jaar(e) van die lob nog lank nie verby is nie. Sedert die begin van die jaar het bekendes soos Khloé Kardashian, Victoria Beckham, Adele, Jennifer Lawrence en Leandie du Randt – om net ’n paar te noem – ook met die styl gespog.

Ons kan sien waarom so baie celebs van dié haarstyl hou: dit pas byna almal – ook by my en jou!

Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm én ouderdom en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir ’n strand-voorkoms! ’n Lob is ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl wat maklik stileer verkies, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Probeer dan ’n lang bob wat in lae gesny is, met of sonder ’n kuif. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.

Kry die voorkoms só: Skep die voorkoms deur jou hare rofweg te golf met ’n stileeryster of krultang. Krap dan jou hare liggies met jou vingers deurmekaar en spuit ’n haarsproei aan wat spesiaal geformuleer is om volume en tekstuur aan jou hare te gee.

Bekendes met ’n lob-haarsnit:

Victoria Beckham

#chopchop X @lukehersheson @wendyrowe using Victoria Beckham make up X Kisses VB

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

 

Het jy geweet?
Golwende haarstyle met ’n strandtekstuur laat vroue bo 40 dadelik gemaklik en meer jeugdig lyk. Laat jou haarstileerder jou hare in langer golwende lagies tot net bo jou skouers sny.

Adele

 

Jennifer Lawrence

 

Amy Poehler

 

Het jy geweet?
As jy natuurlik baie reguit hare het, is ’n lob met effens stompgesnyde punte in die kol. Steek jou hare agter jou ore in om die styl effens asimmetries te laat lyk en jou voorkoms ’n moderne kinkel te gee.

Khloé Kardashian

 

Jenna Dewan-Tatum

 

Jessica Chastain

Bronne: www.refinery29.com, www.allure.com, www.totalbeauty.com

Lees nou

Oscar Pistorius: Nuwe vonnisverrigtinge

Kies só vir hom ’n geur dié Vadersdag

Drink dié drankies vir die mooiste vel!

The post Die één haarstyl wat by álmal pas appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!