Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Grimering in Hollywood nou “onderstebo”

$
0
0

Die afgelope paar maande is talle Hollywood-bekendes met ’n nuwe “onderstebo”-grimeervoorkoms op die rooi tapyt gesien. In plaas van grimering op hul boonste ooglede het aktrises soos Margot Robbie, Olivia Munn en Mandy Moore eerder met ’n treffende oogomlyner-skakering op die onderste wimperlyne gespog. En tydens die afgelope modeweke is dié sogenaamde upside down makeup-trend ook op die loopplank gewaar.

JOANMy perfect canvas @joansmalls x #porschefabulous x @michaelsilvahair with the trés chic faux bob | #moi

A post shared by PORSCHE (@porschefabulous) on

Danksy die herlewing van modes uit die 80’s en 90’s word helderkleurige grimering al hoe gewilder, sê Andrew James, nasionale opleidingsbestuurder vir die skoonheidshuis Lancôme. “En ná ’n paar modeseisoene waar die natuurlike en neutrale grimeervoorkoms geseëvier het, is helder, treffende kleure op jou oë weer vars en modern.”

Dis maklik om dié voorkoms self te skep. Die belangrikste is om ’n oogomlyner-skakering te kies wat jou oogkleur komplementeer, sê Andrew. Kies brons vir blou oë, helderblou vir bruin oë, pers vir groen oë en goud vir groenbruin oë. Om die voorkoms meer subtiel te maak kan jy skakerings met ’n blink of metaal-afwerking gebruik.

Wenk: Vermy dié oogomlyner-voorkoms as jy geneig is tot pofferigheid rondom jou oë, sê Andrew. Dit sal die pofferigheid net nog meer beklemtoon.

Doen dit só:

* Gebruik ’n jel- of potlood-oogomlyner en trek ’n dun lyntjie teenaan jou onderste wimperlyn van die binnehoek van jou oog na buite.

* Wend dan met ’n dun kwassie oogskadu in dieselfde skakering netjies bo-oor die lyntjie aan. Dit sal help dat die oogomlyner langer hou en nie deur die dag smeer en onder jou oë gaan lê nie.

* Los jou boonste ooglid en wimperlyn skoon en wend net ’n laag of twee maskara aan. Die res van jou grimering kan eenvoudig wees sodat jou oë die ster van jou grimeervoorkoms is.

Wenk: Maak enige oogskadu-poeier wat onder jou oë en op jou wange geval het, met olievrye grimeerverwyderaar en ’n stukkie watte skoon.

Volg dié bekendes se voorbeeld:

1. Margot Robbie

Wend helder oogomlyner op jou onderste wimperlyn aan en gebruik net ’n basislaag op jou boonste ooglid.

 

 

2. Janelle Monáe

’n Effens gesmeerde (smudged) lyntjie lyk sagter.

 

 

3. Mandy Moore

Gebruik skakerings wat effens blink, soos silwer, goud of brons, om jou oë groter te laat lyk.

 

 

4. Shay Mitchell

Probeer ’n oogpotlood met ’n mat-afwerking.

5. Olivia Munn

’n Skakering wat jou oogkleur komplementeer, lyk die mooiste.

Throwback To My Gorg Friend @oliviamunn Miss You! #makeupbypatrickta

A post shared by Patrick Ta (@patrickta) on

Probeer dié produkte:

Lancôme Khôl Hypnôse Waterproof Eyeliner in Purple (R350)

Clinique Skinny Stick in Angel Hair (R310)

Bobbi Brown Perfectly Defined Gel Eyeliner in Scotch (R350)

Maybelline Lasting Drama 24H Automatic Gel Pencil in Sapphire Strength (R50)

Urban Decay 24/7 Glide-On Eye Pencil in Goldmine (R215)

By Urban Decay in Sandton City, Johannesburg

Lees nou

Dié haarkleur verander saam met die weer (of jou bui)

Dís wat Drew Barrymore gebruik om aknee te beveg

The post Grimering in Hollywood nou “onderstebo” appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!