Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Cara Delevingne kleur óók haar hare

$
0
0

Die haarkleur-koors loop op die oomblik hoog in Hollywood. Eers Emma Roberts, toe Katy Perry en nou ook Cara Delevingne! Die model en aktrise het haar naam gevoeg by die rits bekendes wat die afgelope twee weke hul haarkleur drasties verander het. Sy is die naweek tydens die Paryse Modeweek gewaar met ’n splinternuwe korter bob-styl in ’n ysige platinumblond kleur, berig die Amerikaanse Vogue aanlyn.

Cara is nog nie voorheen met só ’n waaghalsige haarkleur gesien nie. Haar nuwe skakering is iets tussen platinumblond en silwer. Dit kontrasteer met haar kenmerkende donker wenkbroue vir ’n sexy, byna gotiese voorkoms.

Toe

 

Nou

#CaraDelevingne is now a silver platinum goddess

A post shared by Marie Claire (@marieclairemag) on

Platinumblond bly ’n gewilde haarkleur! Voel jy ook lus om jou hare platinumblond te kleur? Hiér’s vyf dinge wat jy móét weet:

◊ Die skakering is gewaagd en pas die beste by ’n ligte gelaat met ’n koel of pienk ondertoon. By ’n donkerder gelaat kan dit jou maklik vaal, uitgewas en ouer laat lyk.

◊ Hoe donkerder jou hare, hoe meer kleursessies (tot drie salonbesoeke) gaan dit verg om dit platinumblond te kry omdat jou hare eers geleidelik ligter gebleik moet word voordat die stilis dit kan kleur.

◊ Platinumblonde hare kan ná ’n ruk geel lyk, veral as jy gereeld in die son kom. Gebruik af en toe ’n sjampoe en opknapper (soos ’n silwer of pers sjampoe) wat geelheid teenwerk. Wees ook op die uitkyk vir stileringsprodukte wat jou hare teen UV-strale beskerm.

◊ Moenie jou platinumblonde hare met hitte stileer sonder om ’n hittebeskermingsproduk te gebruik nie. Dit sal jou hare net nog meer uitdroog.

◊ As jy jou hare platinumblond kleur, gaan jy gereeld die kleur by jou wortels moet laat opknap soos wat dit uitgroei.

Lees nou

Toiletrol die nuwe handsak?

VIDEO: Angelina skitter in nuwe veldtog

The post Cara Delevingne kleur óók haar hare appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!