Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

FANIE TOETS: Laser vir jonger oë

$
0
0

SARIE se sosiale en stylredakteur, Fanie Cronjé, is met sogenaamde hooded lids (swaar of hangooglede) gebore. Met die jare het die ekstra vel aan sy boonste ooglede so laag gesak dat sy wimpers skaars sigbaar was. Ná ’n vinnige en pynlose laserbehandeling voel sy oë weer oop en sy gereelde hoofpyne is iets van die verlede. Hier vertel hy ons van sy ervaring.

Verlede jaar, kort voor Kersfees, het ek gaan kuier by Gus Hoogendyk, ’n dokter wat besig is om in plastiese en rekonstruktiewe chirurgie te spesialiseer. Hy’t my toe van ’n nuwe kosmetiese laserbehandeling vertel waarvoor ek volgens hom die ideale kandidaat was.

My hooded lids het my nooit gepla nie. Inteendeel, ek hou van my oë. Maar die feit is dat my ooglede met die jare al hoe swaarder begin word en my oë kleiner gedruk het en soms selfs hoofpyn veroorsaak het. Ek verstaan dié probleem is by sommige mense so erg dat die vel later heeltemal oor die oog begin hang en hulle nie meer kan sien of hul oë kan oopmaak nie. Hoe dit ook al sy, iets moes aan my oogsituasie gedoen word.

FOTO: Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

Ek vertrou Gus. Nie net is hy my vriend nie, maar ook ’n bekwame dokter. En teen die middel van Februarie was my afspraak gemaak met sy vrou, Lolita Mostert, ’n estetiese praktisyn. My ooglede sou sonder chirurgie met laser “geopereer” word.

Ek het die Dinsdag om 11:00 by LaserSense, ’n estetiese kliniek in Fourways, Johannesburg, opgedaag. Dit lyk soos ’n skoonheidsalon, glad nie soos ’n hospitaal nie. Ek is geneem na die vertrek waar die prosedure gedoen sou word en het op die bed gaan lê. Lolita en die dokter wat die behandeling saam met haar sou doen, Johan Botha, het opgedaag.

Die deel rondom my oë is eers doodgespuit, nes wanneer ’n tandarts jou mond verdoof. Dít, kan ek julle vandag belowe, was die seerste deel van die hele ervaring.

Die sakkies onder my oë sowel as die probleemdeel op my boonste ooglede is toe met ’n klomp mikro-laserstekies behandel. Terselfdertyd is my sonvlekkies ook sommer verwyder. Ná 45 minute was alles verby.

Ek moes natuurlik ná die tyd opgelaai word omdat ek nie self kon bestuur met my geswelde oë nie. Maar ek kon steeds sien, ’n bietjie televisie kyk, lees en ander goed doen.

Die kliniek het vir my sinksalf gegee om aan die behandelde dele te smeer, asook ’n onderlaag met ’n baie hoë sonbeskermingsfaktor (SBF). Die wonde mag nie aan lig blootgestel word nie, het die dokter gewaarsku nadat ek gevra het of die onderlaag regtig nodig is, want ’n man met onderlaag is vir my terrible. Hy’t my doodeenvoudig stilgemaak en gesê ek het nie ’n keuse nie. As die wond aan enige lig, nie net sonlig nie, blootgestel word, kan dit pigmentasie veroorsaak.

Die wonde mag nie aan lig blootgestel word nie, het die dokter gewaarsku nadat ek gevra het of die onderlaag regtig nodig is, want ’n man met onderlaag is vir my terrible.

Ek het die volgende dag verlof geneem. Ook maar goed, want toe ek die oggend wakker word, kon ek nie my oë oopmaak nie. Dit was heeltemal toegeswel. Die kliniek het ’n yssak wat jy om die uur vir tien minute op jou oë moet sit, as deel van die nasorg aanbeveel. Ek het dit onmiddellik gedoen en kon toe stadigaan my oë begin oopmaak.

Ek het nog van die sinksalf en onderlaag aangewend en die res van die dag by die huis gebly. Nog ’n voordeel van die onderlaag is dat dit die wonde uitdroog en rofies laat vorm. Om jou oë skoon te maak moet jy sagkens ’n soutwater-oplossing daaroor drup, maar jy mag nie jou oë vryf nie. Die wonde moet self genees.

Twee dae ná die behandeling, met rofies om my oë, is ek terug werk toe met my dik onderlaag en ’n groot sonbril wat ek nie afgehaal het nie. Onder daai bril was ’n gesig wat ’n mens sou laat skrik. Dit het gelyk asof ek ’n lateksmasker van die een of ander gedrog uit ’n fliek dra, ’n fliek met ’n baie klein begroting.

Twee dae ná die behandeling, met rofies om my oë, is ek terug werk toe met my dik onderlaag en ’n groot sonbril wat ek nie afgehaal het nie. Onder daai bril was ’n gesig wat ’n mens sou laat skrik. Dit het gelyk asof ek ’n lateksmasker van die een of ander gedrog uit ’n fliek dra, ’n fliek met ’n baie klein begroting.

Teen dag vier het die swelsel gesak, maar daar was nog baie rofies. Ek het steeds met ’n sonbril gaan werk en my sinksalf en sonskerm getrou aangewend.

Teen die naweek het die rofies begin afval en teen Sondag was dit weg. Die swelling was aansienlik minder en ek het ’n ligpienk gloed om my oë gehad. Ek wou al gek word van frustrasie met die onderlaag en het toe besluit om net ’n gewone sonskerm met ’n hoë SBF aan te smeer.

Die volgende Maandag het ek sonder my sonbril gaan werk. My oë het nog nie heeltemal reg gelyk nie, maar ook nie supervreemd nie. Dit het net gelyk asof ek te lank in die son was.

Die daaropvolgende paar dae het my oë by die dag beter geword. Vandag, twee weke later, is my oë reg. Die verskil is nog subtiel, maar vir die eerste keer in jare voel my oë oop. Snaaks genoeg laat dit my wakker voel. Die hoofpyne wat ek van tyd tot tyd gekry het, is weg, want die ooglid druk nie meer op die oogbal nie. My oë se vorm lyk dieselfde, dis net minder pofferig as waaraan ek die laaste paar jaar gewoond geraak het. As ek nou in die spieël kyk, lyk ek vir myself jonger en dit laat my goed voel.

Het jy geweet?

Fanie het die Plexr-laserbehandeling beproef. Een behandeling is voldoende vir mense onder 45. As jy ouer as 45 is, sal ’n tweede behandeling dalk nodig wees. In erge gevalle, waar daar baie los vel aan die boonste ooglid is, is chirurgie ’n beter opsie. Die laserbehandeling werk ook vir sakkies onder jou oë en vir die fyn lyntjies rondom jou oë. Jy sien eers die beste resultate drie maande ná die behandeling.
Prys: Sowat R6 000 vir albei oë.

Lees Nou

‘Blorange’ is dié haarkleur vir die seisoen

Vrae oor gewig: Dít moet jy weet

 

The post FANIE TOETS: Laser vir jonger oë appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!