Die Hollywood-blondekop Paris Hilton is deesdae ’n brunet. Ja, sy’s byna onherkenbaar!
Die 36-jarige sosiale vlinder het in die week onder die hutsmerk #BrunettesHaveFunToo foto’s op Instagram gedeel waar sy met ’n vars nuwe donker haarkleur spog. Of sy werklik haar hare donker gekleur het (dit is dalk net ’n pruik), sal ons nog moet sien. Nietemin hou ons baie van dié elegante donkerbruin kleur by haar.
Voor
Ná
Paris maak deesdae naam as ’n gesogte platejoggie by ’n nagklub genaamd Amnesia op die Spaanse partytjie-eiland Ibiza. Dít wil gedoen wees!
Dit wil lyk asof bruin hare hierdie seisoen ’n gewilde haarkleur is. Die plaaslike ster Angelique Gerber het net verlede week ook haar blonde lokke vir ’n mooi donkerbruin kleur verruil.
Lees nou
George en Amal verwelkom ’n tweeling!
Nuwe mode: Dra ’n strik in jou hare!
The post Paris Hilton se bekende blonde lokke nou bruin! appeared first on SARIE.