Met lokettreffers soos Pad na jou hart en Vir altyd is Donnalee Roberts ’n silwerskerm-liefling. En nie net is sy beeldskoon nie, sy het ook die mooiste hare. Die SARIE-skoonheidspan het Donnalee uitgevra oor haar gesondwees- en mooilyk-gewoontes. Hiér is van haar top-wenke.
#1 Ek glo 100% in ’n balans tussen werk en ontspan
Wanneer jy werk, wees 100% daarop gefokus om soveel as moontlik kwaliteitwerk gedoen te kry, sodat jy daarna 100% kan ontspan.
#2 Ek “spring” op dae wanneer ek nie kan oefen nie
Ek is soms tot 16 uur per dag op stel, waarna ek huis toe gaan en dadelik weer vir die volgende dag begin voorberei. Daar is dus nie altyd tyd om by ’n jogaklas of gimnasium uit te kom nie. Hiervoor het ek ’n klein springmat wat ek sommer onder my bed bêre waarop ek dan ’n paar minute spring. Dis maklike oefening en jy kry lekker suurstof deur jou hele lyf. Jy kan dit enige tyd doen, selfs voor die TV terwyl jy ’n episode van jou gunsteling-reeks kyk. Ek het al dikwels met my teks in die hand gespring en woorde leer.
#3 Ek maak my eie vrugte-ystee
So baie drankies bevat ongesonde suiker. Ek het daarom my eie ystee begin maak. Die handelsmerk Vyf Rose het ’n reeks tees met heerlike vrugtegeure waarby ek heel stukke vrugte of ’n bietjie heuning voeg om dit ekstra lekker te maak (sien Donnalee se ysteeresep in die Instagram-inskrywing hierbo). Ek drink ook baie water. As gewone water ’n bietjie vervelig raak, gooi ek groot stukke pynappel daarby. Dit geur water heerlik!
#4 My hare-geheim …
Ek’s mal daaroor om my hare met arganolie te voed. Ek gebruik een keer per week ’n haarmasker.
#5 Die beste skoonheidsraad wat ek al gekry het?
Wanneer dit kom by velsorg, is die beste skoonheidsraad wat ek nog gekry het by my ma: Al is jy hoe moeg en al is dit vir jou hoe sleg om jou grimering af te haal voor jy gaan slaap, dis beslis nóg aakliger vir jou vel (én gemoed) om met ou grimering wakker te word.
Lees nou
Paris Hilton se bekende blonde lokke nou bruin!
Sjokolade, pasta en wyn help met gewigsverlies
The post Donnalee deel haar mooilyk-gewoontes appeared first on SARIE.