Teen dié tyd weet die meeste van ons van die vele voordele wat klapperolie en -water vir jou skoonheid en gesondheid inhou. Nou is dit klappermelk se beurt in die kollig. Skoonheidshuise begin al hoe meer produkte bekendstel wat dié natuurlike vloeistof as ster-bestanddeel inspan, veral in haarsorgprodukte vir fyn en krullerige hare.
Klappermelk word verkry deur die wit vesel van ’n kokosneut fyn te maal en in warm water te week, waarna dit gefiltreer word en jy ’n soet, melkerige vloeistof te kry. Dit bevat ’n hoë konsentrasie minerale soos koper, magnesium en fosfor, wat die binneste deel van jou hare voed. Dit bevat ook louriensuur, ’n tipe vetsuur met kragtige antibakteriële eienskappe wat dit uitstekend maak vir die behandeling van ’n droë, jeukerige kopvel en selfs skilfers.
Klappermelk is ook ’n gewilde bestanddeel om op fyn en krullerige hare te gebruik. Dié tipe hare kan maklik plat en leweloos lyk wanneer jy haarsorgprodukte gebruik wat te ryk en swaar daarvoor is. Klappermelk se ligte tekstuur bevog jou hare en help om kroeserigheid te verminder sonder dat jy volume inboet. Hare is sagter en gladder, en ruik boonop heerlik soos klapper!
Probeer een van dié nuwe haarsorgprodukte
Bronne: www.refinery29.com, www.livestrong.com
Lees nou
Donnalee Roberts deel haar mooilyk-gewoontes
#nomakeup: J-Lo en ander bekendes sonder grimering
The post Die nuwe ster-bestanddeel vir fyn hare appeared first on SARIE.