Al ooit gewonder hoe dit sal voel om in jellie te bad? Nou kan jy! Die Britse skoonheidshuis Lush het die internet behoorlik op hol nadat hulle oor die naweek ’n nuwe soort bad-bruisbal bekend gestel het: ’n unieke jellie-bruisbal wat, sodra jy dit in jou badwater gooi, die water in ’n sagte, jellierige vloeistof omtower.
Die interessante jellie-bruisballe bestaan uit natriumalginaat, ’n bestanddeel afkomstig van bruin alge wat ryk is aan minerale, sê Lush in ’n mediaverklaring. Dis sag en strelend op jou vel en help ook met bevogtiging. Die bruisballe kom in verskillende kleure en bevat ook mengsels van vlugtige olies soos kamille, laventel, tonkaboon en amandel vir ’n heerlike geur. Boonop is dit hope pret!
Ons kan nie wag dat dié jellie-bruisballe hierheen kom nie!
Probeer intussen een van Lush se bad-bruisballe, soos die Blackberry Bath Bomb (R57), wat jou bad vul met helder kleure en verleidelike geure, of hul Whoosh Shower Jelly (R89), ’n soliede jellie-“seep” vir stort.
By Lush-winkels of aanlyn by www.lush.co.za
Bronne: www.glamourmagazine.co.uk, www.cosmopolitan.com
Lees nou
3 van die beste behandelings vir hare
Hulp vir droë naels wat maklik breek
The post Kan jy glo? Nou kan jy in jellie bad! appeared first on SARIE.