Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

5 truuks vir parfuum wat heeldag hou

$
0
0

As dit by parfuum kom, kla die meeste vroue dat die geur nooit lank genoeg op hul vel hou nie, sê Diana Rankin, parfuumkenner en eienaar van die geur-boetiek Perfume Power op Somerset-Wes. En dikwels is jou eie vel die sondaar …

Die vel se chemiese samestelling beïnvloed hoe ’n parfuum op jou vel ruik en hoe lank dit sal hou, en dít verskil van mens tot mens. “Hoe suurder jou vel is, hoe vinniger sal jou parfuum verdwyn, terwyl ’n meer alkaliese veloppervlak die geurmolekules makliker vasvang,” sê Diana. Omgewingsfaktore soos humiditeit, hitte en lig het ook ’n invloed op hoe vinnig ’n geur verdwyn nadat jy dit aangespuit het.

Stepping into the week like a #GoodGirlCHNY. #CarolinaHerrera

A post shared by CAROLINA HERRERA (@carolinaherrera) on

Probeer dié wenke:

#1 Spuit dit op jou maag

Diana meen die heel beste plek om jou parfuum aan te spuit vir langdurige geur is op jou maag! “Jou maag is die perfekte plek vir parfuum omdat dit ’n groot oppervlak is wat heeltyd warm bly.” Die hitte help dat die geurmolekules voortdurend vrygestel word. En omdat die geur onder jou klere vasgevang word, verdamp dit nie onmiddellik nie maar trek dit eerder in jou klere in.

#2 Kam dit deur jou hare

Jy kan ook ’n tikkie parfuum op jou haarborsel spuit en ’n paar keer deur jou hare kam. Só gee jy jou hare ’n ligte parfuumgeur wat vrygestel word wanneer dit beweeg. Moet egter nie die parfuum direk op jou hare spuit nie, sê Diana. Die alkohol daarin kan jou hare uitdroog.

#3 Wend dit laag op laag aan

Om parfuum laag op laag aan te wend vir ’n intenser geur word al hoe gewilder. Bevog eers jou lyf met ’n gegeurde lyfroom voordat jy jou parfuum aanspuit. Nie net versterk die lyfroom die geur van jou parfuum nie, parfuum hou ook langer op ’n vel wat goed bevog is. Daarna kan jy ook ’n parfuum-olie aantik sodat jy heeldag met geur omhul word.

#4 Soek dié parfuumnote

As jy steeds sukkel om ’n parfuum te kry wat lank op jou vel hou, wees op die uitkyk vir parfuums met basisnote van sederhout, kuskusgras (vetiver) en patsjoelie, is Diana se raad. Dié note help ’n geur om beter aan jou vel te “klou”.

#5 Vat ’n ontspannende bad

Het jy geweet? Om die suurheid van jou vel effens te verminder kan jy in twee eetlepels Engelse sout bad en jou vel liggies met ’n lyfborsel afskilfer, sê Diana. Dit help om suurheid op jou vel te neutraliseer en verwyder dooie velselletjies sodat jou parfuum langer hou.

Dié parfuums is nuut op die rak:

1. Lacoste Pour Femme Légère (R725 vir 30 ml EDP)

Danksy ’n basis van sederhout, kuskusgras en sandelhout bly dié geur lank op jou vel. Dit bevat ook sitrus- en blomnote.

2. Chloé Love Story Eau Sensuelle (R1 370 vir 50 ml EDP)

’n Romantiese sonsondergang in Parys is die inspirasie vir dié geur gevul met note van lemoenbloeisel en sandelhout. By Edgars en Red Square

3. Elizabeth Arden White Tea (R695 vir 100 ml EDT)

’n Vars geur met note van wittee, roos en nartjie.

4. Montblanc Lady Emblem Elixir (R670 vir 30 ml EDP)

Die geur is meer intens as die oorspronklike en bevat note van rose, jasmyn, patsjoelie en vanielje.

5. Carolina Herrera Good Girl (R830 vir 30 ml EDP)

’n Warm, soet geur met verleidelike note soos amandel, koffie, jasmyn en tonkaboontjie. Boonop is ons mal oor die bottel!

 

Lees nou

Kan jy glo? Jy kan nou in jellie bad!

5 top-produkte vir naels wat maklik breek

The post 5 truuks vir parfuum wat heeldag hou appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!