Quantcast
Channel: Skoonheid – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Goudbruin lyf binne minute

$
0
0

Dis lente! Die blomme blom, die voëltjies twiet, liefde is in die lug. Maar jou vel sê (skreeu) steeds winter. Maak ’n plan! 

Jy kan die perfekte sonbruin voorkoms tuis kry.

Niemand sê jy moet ure in die son lê om bruin te word nie – dis doodgewoon onverantwoordelik. Met selfverbruiningsprodukte kan jy dit binne minute tuis skep.

Cindy Nell, eienaar van die verbruiningsreeks Caribbean Tan, gee die volgende wenke:

Omdat droër dele van jou lyf soos jou knieë, elmboë en enkels meer van die produk absorbeer, moet jy sowat 8 uur voordat jy die produk gebruik jou vel goed afskilfer (en skeer jou bene). Wend ook eers ’n vogroom aan die droër dele om te voorkom dat dit te donker kleur.

Verskillende soorte selfverbruiningsprodukte is beskikbaar.

As jy ’n spuitbotteltjie gebruik, hou dit sowat 30 cm van jou lyf af, begin by jou voete en spuit die produk in sirkelbewegings tot by jou kakebeenlyn. Vee met ’n droë handdoek oor jou elmboë, knieë en enkels om enige oortollige produk te absorbeer.

In die geval van ’n mousse, skud die bottel, spuit die produk in jou hande en wend dit vanaf jou voete na bo aan. Was jou hande ná die tyd goed.

Jy kry ook ’n produk wat jy met ’n sagte laphandskoen (mitt) aanwend. Vryf dié produk in sirkelbewegings in jou vel in, ook van onder na bo. Wag sowat 10 minute en trek dan donker klere aan. Wag 6 – 8 uur voordat jy stort.

’n Selfverbruiningsproduk kan 4 – 10 dae op jou vel hou. Gebruik daagliks ’n vogroom om dit langer te laat goed lyk en moenie vir lang tye in die bad lê nie. Wend die produk so elke 2 weke aan om die kleur te onderhou.

Kyk HIER na nóg video’s vir slim wenke om aan te wend.

Lees nou

Jou grimering en uitrusting kán pas

Betaaldag-kopies: 10 mode-items onder R700

Wat is jou slaap-persoonlikheid? Doen ons quiz en vind uit!

The post Goudbruin lyf binne minute appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 357

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!