Het die gewilde sanger Rihanna dalk die een naellakskakering wat by alle uitrustings pas, ontdek? Die Grammy-bekroonde kunstenaar is bekend vir haar dramatiese manikure. Maar by verlede week se VMA-toekennings het sy aanhangers verras deur met ’n doodeenvoudige vuilpienk naelkleur, met ’n tikkie blink in, op die rooi tapyt te verskyn, berig E News aanlyn.
Rihanna se naelkunstenaar Kimmie Kyees het later onthul waarom sy dié subtiele skakering vir die ster gekies het: “Ons wou ’n kleur gebruik wat by al haar verskillende uitrustings en grimeervoorkomste van die aand sou pas. Daarom het ons ’n sagte vuilpienk gekies wat subtiel blink en fantasties lyk by haar velkleur,” het Kimmie aan E News vertel.
Dié skakering pas inderdaad by byna alle modekleure. Die sagpienk is vroulik, terwyl subtiele grys en pers ondertone dit ’n moderne kinkel gee. Donkerder en ligter variasies van die kleur sal net so goed werk.
Hiér is van Rihanna se verskillende voorkomste tydens die VMA-toekennings:
Probeer dié naellakke:
Bronne: www.eonline.com
Lees nou
Die duurste musiekvideo’s in geskiedenis
Kyk watter haarstyl was gewild in jóú geboortejaar!
The post Die een naelkleur wat by álles pas? appeared first on SARIE.